StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 4 VAN 21

Was jy al ooit in 'n storm wat deur die dade of beskuldigings van ander veroorsaak is? Sommige storms kom onregverdig voor, onverdiend of sonder rede. Paulus, die groot prediker van die evangelie van Jesus Christus, het homself in so 'n storm bevind. 

Paulus is gearresteer omdat hy die bevel van Jesus Christus gehoorsaam het en die boodskap van hoop en verlossing verkondig het. Nadat hy homself voor koning Agrippa en die Romeinse goewerneur Festus verdedig het, is Paulus Rome toe gestuur omdat hy hom op die keiser beroep het. Hy is op 'n skip gesit — die vinnigste vervoermiddel van die dag vir langafstandreise — saam met ander gevangenes wat Italië toe gestuur is. 

Nie lank na die reis begin het nie, het dwarswinde die skip getref. Hierdie seilskip het 'n slim besluit geneem om skuiling te soek om die kus van Siprus. Siprus is 'n eiland aan die oostekant van die Middellandse see. In plaas daarvan om na die oop see te vaar toe die toestande moeilik raak om te seil, het die skip naby die kus gebly, die veiligste plek wat dit kon vind. 

Net so moet ons ook besluit waar die veiligste plek is om na skuiling te vaar, wanneer die dwarswinde ons op ons lewensreis tref. Dit is een van die eerste en belangrikste besluite wat ons moet neem. 

Die enigste skuiling wat jou teen die winde van negatiewe omstandighede en stormwinde van trauma gaan beskerm, is Jesus Christus. Ons almal weet dat ons enigste ware veilige plek, Jesus is — maar kies ons om by Hom skuiling te gaan vind? Kies jy vir Jesus wanneer jou lewe deur gevaarlike winde en oseane vaar? 

Van al die keuses wat jy kan maak by 'n kruispad van wrede omstandighede of vyandige behandeling van ander mense, moet jy die veiligste plek kies om die storm te weerstaan. Gevoelens kan jou nie red nie, materialisme sal jou net mislei en die heersende kulturele antwoorde sal jou bloot 'n valse gevoel van sekuriteit gee. Kies dus versigtig en kies vinnig — kies die ware Skuiling. Sy naam is Jesus. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.