Pa’s en seunsVoorbeeld

Pa’s en seuns

DAG 5 VAN 5

SOOS JY MAAK, NIE SOOS JY SÊ NIE

Daar is min dinge wat vir my so lekker is as om te sien hoe ’n jong man in die lughawebussie sit, maar opstaan wanneer ’n ouer man of vrou opklim, sodat hulle die sitplek kan kry. Dit laat my hart warm klop. ’n Jong man leer hierdie gedrag by sy pa. As sy pa dit doen, sal hy dit ook doen. As sy pa dit nie doen nie, sal hy dit ook nie doen nie.

Ek glo die heel beste leermetode is deur jou voorbeeld. Verskoon tog dat ek weer die landbou as agtergrond gebruik, maar dit is waar ek vandaan kom. 

Wanneer jy ’n byl wil gebruik, sê vir jou seun: “Dít is hoe ’n mens ’n byl gebruik.” Kap dan die hout, sodat hy presies weet hoe om dit te doen.

As jy jou seun wil leer om met ’n trekker te ploeg, klim op die trekker, haak die ploeg aan, stel die ploeg en ploeg ’n halfuur lank. Laat jou seun dan by jou oorneem. Daar sal geen argumente wees nie, want hy sal weet jy weet wat jy doen. En hy sal jou volg.

As jy egter net in jou bakkie sit en 20 jaar laas op ’n trekker was en dan jou seun probeer beïndruk deur vir hom ’n klomp leuens te vertel oor hoe goed jy kon ploeg, kan jy nie van jou seun verwag om jou te volg en jou te respekteer nie. As jy hom egter kan wýs hoe om dit te doen, sal hy jou met vreugde respekteer en hom aan jou leiding onderwerp.

Bowenal, as jy vir jou seun wys hoe om ’n vrou te respekteer deur die voorbeeld van jou liefde en respek vir jou vrou, sal hy sy vrou eendag presies behandel soos jy jou vrou behandel. Hy sal sy vrou liefhê en haar respekteer. 

As jy jou vrou liefhet, koester haar en behandel haar soos ’n prinses. Dan kan jy daarop reken dat jou seun eendag jou voorbeeld sal volg. Hy sal sy vrou soos ’n prinses behandel. Hy sal haar beskerm en sy kinders dissiplineer. Sy huis sal ’n vreedsame plek wees om in te woon.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit PA’S EN SEUNS deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Pa’s en seuns

God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees, asook ’n voorbeeld vir hulle seuns. Angus Buchan moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester, en terselfdertyd ook seuns om hul verhouding met hulle pa te koester. So word ’n belangrike gesinsband versterk, wat ’n groot impak het op die wyer samelewing.

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan bedank vir die verskaffing van hierdie plan: https://www.cumbooks.co.za/