Ek Ken Jou: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

Ek weet van jou verdrukkings en armoede
Ons almal hou daarvan om die gelukkige verhale van oorwinnings in die lewens van Christene te hoor. Wanneer iemand 'n getuienis bring, eindig dit gewoonlik met 'n oorwinning. Mense luister graag na die toespraak van 'n wenner. Wie wil nou 'n getuienis hoor van 'n Christen wat deur verdrukkings gaan en nie sy rekeninge kan betaal nie?
God wil dit hoor. Hy wil nie net van ons hoor as dit goed gaan, as ons baie geld het, goed voel, 'n werk het of ons gesin gesond is nie. Hy ken ons en is nog steeds lief vir ons al het ons bloedkanker, veelvuldige sklerose, serebrale verlamming of Down-sindroom. Hy het ons lief wanneer ons in 'n prokureur se kantoor sit en bankrot verklaar word of dokumente vir 'n egskeiding ontvang. Hy het ons lief selfs al is ons in die tronk, 'n rehabilitasiesentrum of wanneer ons psigiatriese behandeling ondergaan.
Hy weet dat ons gebroke mense is. Dis hoekom Hy geweet het dat Hy 'n Redder moes stuur, want ons kon onsself nie red nie. Dit is wat God vir die Christene in Smirna gesê het: "Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk ..." (Die Openbaring 2:9). Hulle rykdom, en ons s'n, is nie op geld, eiendom of 'n besigheid gebaseer nie. Dit is gebaseer op sy liefdesverbond met ons deur die heilige lewe en werk van Jesus Christus. Hulle rykdom, en ons s'n, is gebaseer op ons lidmaatskap van God se familie asook ons vrymoedigheid om vir God "Vader" te noem.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God het ons uniek geskape. Hy ken ons smarte, vreugdes, sterkpunte en swakhede.
More
Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org vir meer inligting.
Verwante Leesplanne

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale Verandering

Glo God Is Goed — Ongeag

Die Koning Se Prag

Rusteloos

Streef Na Vrede

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Sout En Lig

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe