Ek Ken Jou: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

I Know You: Devotions From Time of Grace

DAG 1 VAN 4

Ek weet waar jy woon

Ek het oor die jare al in party gevaarlike woonbuurte gewoon en gewerk. My lewe was egter nooit so moeilik soos dié van die Christene wat in Pergamum, in Wes-Asië, gewoon het nie. Die Satan het beheer gehad oor die stad en die massiewe heidense altaar wat ter ere van die Griekse god Zeus gebou is, was een van die Satan se bronne wat mense verwar en mislei het. (Die altaar is deesdae in 'n museum in Duitsland te sien.)

Die groeiende teenwoordigheid van Christene in Pergamum het meegebring dat die Satan en sy demone, sowel as Zeus se afgodspriesters, 'n geweldige teenaanslag geloods het. God het egter van alles geweet. Hy het geweet waar elkeen van die gelowiges was en het al die gebeure daar beheer, selfs hulle lyding, om sodoende sy koninkryk van gelowiges uit te brei. "Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie" (Die Openbaring 2:13).

Die Here weet ook waar jý woon. Hy sien die gevare waarin jy verkeer en is saam met jou hartseer oor jou verliese en seerkry. Hy stuur sy engele om jou en jou gesin te beskerm. Hy kyk ook hoe jy versoekings en spanning hanteer. Sy grootste begeerte is dat jy getrou aan Hom moet bly. Antipas se martelaarskap het nie sy hemelse beloning van hom weerhou nie, dit het hom juis gouer in heerlikheid gebring. Sy onverskrokke voorbeeld is deur baie ander gevolg en was 'n besieling wat bygedra het tot die vinnige groei van die Christelike kerk.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I Know You: Devotions From Time of Grace

God het ons uniek geskape. Hy ken ons smarte, vreugdes, sterkpunte en swakhede.

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org vir meer inligting.