RusteloosVoorbeeld
![Restless](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15303%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gister het ons gesien hoe Jesus die idee van sabbatsrus hervestig het as 'n gawe om te geniet, eerder as 'n wet om te gehoorsaam. Dus, as die sabbat in die woorde van Jesus, "vir die mens gemaak" is (Markus 2:27), is die vraag: wat het die mens nodig? Soos ons in die eerste dag van hierdie leesplan gesien het, het ons 'n teenmiddel vir rusteloosheid nodig, naamlik, dat ons gereeld dit wat ons lewens uitmergel, verruil vir lewegewende dinge, deur dankbaarheid te beoefen en onsself te herinner hoe Jesus se daad aan die kruis ons bevry van die druk om ons doodmoeg te werk.
Hoe en wanneer ons hierdie dinge doen, gaan verskil van persoon tot persoon. Met Jesus as die nuwe verbond, is ons nie meer tot 'n bepaalde dag van die week verbind om te rus nie. Jy kan elke aand rus of 'n sabbatsrus geniet nadat jy jou kinders in die bed gesit het, of tydens 'n jaarlikse somervakansie, of volgens tradisie, elke week op 'n vasgestelde dag.
Ek en my gesin geniet elke Sondag die gawe van 'n sabbatsrus wanneer ons probeer om slegs lewegewende dinge te doen en so ver as moontlik poog om alle werk en produktiwiteit te staak. Vir ons beteken dit om van ons selfone af weg te bly, ons gunsteling kos te eet, meer tyd aan die Woord van God af te staan, en tyd saam met ons naaste familie en vriende deur te bring. Die rustigste ding vir my is egter dat ons vir een dag opsetlik alle produktiewe gesprekke opskort. Dit beteken om geen idees vir my volgende boek te bespreek nie, geen beplanning vir ons volgende vakansie te doen nie en geen afsprake vir die komende week te bespreek nie. Vir een dag, sover moontlik, rus ons eenvoudig en waardeer die goeie dinge, die werk en die mense wat God ons gegee het — en niks meer nie.
Toe ek en my vrou 'n paar jaar gelede sabbatsrus begin beoefen het, het dit gou duidelik geword waarom Jesus gesê het die sabbat is vir die mens en nie andersom nie. Die sabbat is 'n geleentheid vir rus van die meedoënlose druk van die wêreld om voortdurend te presteer, oplossings te kry, te vermaak, te bestee, te kommunikeer en te doen. Dit is 'n dag om na ons lewens, ons werk en die kruis te kyk en met groot tevredenheid te sê: "Dit is genoeg!"
Hierdie soort rus is nie vir my maklik nie. Nie eens naastenby nie. Hoe meer ek hierdie gereelde ruskanse egter beoefen, hoe minder rusteloos en angstig word ek. As jy so rusteloos soos ek is, sal ek jou aanmoedig om te hoor wat Jesus vir jou sê: die sabbatsrus is vir jou. Dit is nie meer 'n wettiese bevel nie. Dit is 'n gawe wat vandag meer as ooit tevore van toepassing is. Ek bid dat jy dit sal aangryp.
Aangaande hierdie leesplan
![Restless](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15303%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"Ons harte is onrustig totdat hulle hul rus in U vind." Nog nooit tevore het so baie van ons die rusteloosheid gevoel wat Augustinus met hierdie bekende sin beskryf het nie. Maar wat is die oplossing vir ons gebrek aan ware rus? Soos hierdie 3-dag leesplan sal wys, lê die oplossing gedeeltelik daarin om die ou sabbatsbeoefening deur 'n ander lens te bekyk — deur die lens van "U" — Jesus — ons uiteindelike bron van vrede.
More
Verwante Leesplanne
![Versameling: Vind Saam Die Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16259%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Versameling: Vind Saam Die Lewe
![Oor Niks Bekommerd](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16022%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oor Niks Bekommerd
![Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18838%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
![Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te Vermy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16073%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te Vermy
![Drome wat Herleef](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18054%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Drome wat Herleef
![Woorde wat Lewe Gee](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22741%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Woorde wat Lewe Gee
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)