Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld
WEEK 3 - Met jou Hele Siel
Dag 15
Markus 12:30-31 (ANV) “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Maar langs hierdie opdrag staan ’n tweede een: jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy self is. Daar is nie ’n ander opdrag wat naby hierdie twee kom nie.”
Wat beteken dit om God lief te hê met jou siel?
Hoe reageer jy op swaarkry?
Bid vir die Kerk: dat ons God sal liefhê met ons hele siel. (Markus 12:30-31)
Bid vir mense wat swaarkry – dat hulle hulle siel sal toevertrou aan ‘n getroue God. (1 Pet. 4:19)
Aangaande hierdie leesplan
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org