Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld
Romeine 12:10 "Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld."
Hoe kan jy in jou lewe “broederlike liefde” bewys aan ander?
Dink aan maniere wat ons eerbied aan mekaar kan betoon.
Bid dat ons mekaar sal liefhê. (Rom. 12:10)
Bid dat ons mekaar sal eerbiedig en omsien na mekaar se belange. (Fil. 2:4)
Aangaande hierdie leesplan
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org