Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te WenVoorbeeld

I Declare War: 4 Keys to Winning the Battle With Yourself

DAG 5 VAN 5

Moenie God se Werk Doen Sonder God se Krag nie

Wat is dit tog met vroegoggend om 02:00? Ek dink nie die duiwel vat veel van 'n blaaskans in die dag nie, maar snags werk hy beslis dubbele skofte. Ek kan regtig nie 'n dag in die verlede onthou waarop ek nie met verskrikking in die nag gesukkel het nie. Die angs laat my maag fladder en my vel is blink gesweet wanneer ek aan al die maniere dink hoe ek myself om die lewe kan bring. Ek skrik skielik wakker uit die slaap, net soos in die nabootsing van 'n botsing waar die pop se sitplekgordel nie vasgemaak is nie. My gedagtes jaag en my oë brand. Die stem in my kop wat my vertel dat ek myself gaan doodmaak klink soos myne, maar dis glad nie aan my kant nie. Verskillende variasies van hierdie 02:00-ritueel speel so gereeld af as wat ek kan onthou.

Dit is oorlog. Hierdie soort nagtelike ervarings herinner my dat die oorlog nie die soort is wat alleen gewen kan word nie. Ek weet nie of jy jou met al my probleme kan vereenselwig nie. Miskien was dit nog nooit vir jou nodig om jou af te droog asof jy pas deur 'n intense oefensessie is nie, maar dalk het die goed waarop jy oorlog verklaar het, jou ook in so 'n donker, hopelose kou vasgevang. Die kou sê: "Dis alles goed en wel, maar jy sal nooit verander nie. Jy sal nooit deur die dag kom sonder om op jou kinders te skree nie, jy sal nooit kan ophou met die negatiewe gesprekke met jouself nie, jy sal nooit oorwinning kry oor die depressie, die angs of die venynige bakleisiklus met jou vrou nie. Jy kan dit nie oorwin nie. Dis net te moeilik vir jou." Uit jouself, in jou eie krag of met eie pogings, mag hierdie stellings waar klink. Positiewe denke is belangrik; om versigtig te wees wat jy sê, jou gewoontes in ag te neem. As die praktiese hulpmiddels wat ons bespreek het egter al is wat jy na hierdie vyf dae geleer het, was dit eenvoudig net 'n selfhelp-leesplan. Daar is egter iets veel beter as selfhelp — daar is God se hulp. 

Jy het geweldige ondersteuning en skietgoed tot jou beskikking. Moenie probeer om hierdie gevegte in jou eie krag te stry of deur op jou eie longkapasiteit staat te maak nie. As jou asem opraak, moet jy op God staatmaak vir jou tweede asem. Die eerste asem is die natuurlike lug wat aan jou gegee is met die skepping toe God asem in ons geblaas het nadat Hy ons uit stof gevorm het. Die tweede asem is die krag van die Heilige Gees wat aan ons gegee is nadat Jesus uit die dood opgestaan het. 

Die Bybel sê dat geen wapen wat teen jou gemik word sal iets teen jou kan uitrig nie. Jy is kragtiger as wat jy dink ... maar nie op jou eie nie. Luister, jy is glad nie opgewasse teen die oorlog wat jou in die gesig staar nie. Hierdie oorlog is egter nie teen God opgewasse nie.

Ontdek wat Dawid gesê het moontlik is as jy bereid is om God se hulp in te roep wanneer jy oorlog verklaar teen alles wat in jou pad staan: "Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. Hy leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span. Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie. Ek het my vyande agtervolg en ingehaal, ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie. Ja, ek het hulle verpletter, sodat hulle nie weer kon opstaan nie. Hulle het voor my voete gesneuwel. U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. U het my vyande voor my laat vlug en ek kon my haters uitwis. Hulle roep om hulp en daar is niemand wat help nie; hulle roep selfs na die Here, maar Hy antwoord hulle nie. Ek maak hulle fyn soos stof in die wind, ek laat hulle wegspat soos modder in die strate, ja, ek vermorsel hulle. U het my gered van opstandige mense, my as hoof van vreemde nasies aangestel. 'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane. Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my. Vreemde volke kruip voor my" (Psalm 18:34-45).

Hy het die krag, jy hoef net daarvoor te vra. Hy is 'n goeie vader. Hy sal jou nie 'n slang gee as jy brood vra nie. Hy sal jou vir seker die Heilige Gees gee as jy Hom vra.  

Onthou: 

Jy kan nie God se werk doen sonder God se krag nie.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I Declare War: 4 Keys to Winning the Battle With Yourself

Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynlik jou eie grootste vyand. Leer om uit jou eie pad te kom en om die wapen van oorwinning te ontdek om die innerlike stryd te oorwin.

More

Ons bedank pastoor Levi Lusko vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://levilusko.com