Leef, wees lief, doenVoorbeeld

3-Day Reading Plan: Live Love Does

DAG 3 VAN 3

Een van my gunsteling flieks ooit, is Hook. Het jy dit al gesien? Dis die storie van Peter Pan. Dis egter nie 'n animasie fliek nie, maar regte mense speel daarin. In hierdie weergawe van die storie, is Peter 'n vervelige prokureur, genaamd Peter Banning. Toe sy kinders deur kaptein Hook, die seerower gevang word, moes Peter Banning teruggaan Neverland toe om hulle te red. Die probleem aan die begin van die fliek is, dat Peter vergeet het wie hy was. Hy het vergeet dat hy Peter Pan was. Ons almal vergeet partykeer wie ons is.

Die hele fliek is oulik, maar die beste deel is toe Peter Banning op sy eerste aand terug in Neverland, aandete saam met die Lost Boys eet. Hy sit aan die tafel, ruik die geurige kos en is reg om te begin eet. Toe die Lost Boys die deksels van die skottels afhaal, is Peter verward — daar is niks in nie! Hy sien hoe die Lost Boys heerlik smul aan skynbaar onsigbare kos, en hy is verward oor hoekom hy nie ook die kos kan sien nie.

Die probleem was: Peter het net die Lost Boys dopgehou terwyl hulle geëet het. Peter moes deelneem voor hy die kos kon sien. Vir hom om te glo soos die Lost Boys, moes hy doen wat hulle gedoen het.

Ek dink geloof werk op dieselfde manier. Om te kan glo, kan ons nie net iets oor Jesus leer nie. Ons moet dinge saam met Hom doen. Ons moet oorgaan tot dade. Ek het oor die afgelope tien jaar elke Vrydagoggend dieselfde groep ouens ontmoet. As ons saam is, leer ons dinge oor Jesus, maar ons is nie daar om Hom te bestudeer nie. Om te studeer is goed, maar as jy nét dit doen, is jy soos Peter Banning wat aan die etenstafel sit en niks eet nie. Ons geloof word waarheid as ons doen wat ons glo.

In plaas van Bybelstudie, ontmoet ek en my vriende elke Vrydagoggend vir Bybelaksie. Ons lees die dinge waarvan Jesus mense geleer het en dan gaan doen ons dit in ons daaglikse lewens. Ons probeer die groot, en klein, dinge doen wat Jesus gedoen het. Elke keer wanneer ons die dinge doen waaroor Jesus gepraat het, en nie net daaroor gesels nie, verander iets in ons. Dis soos om die kos van die Lost Boys se aandete te kan sien. Jesus het daardie soort fees voor ons neergesit en gehoop dat ons almal deel daarvan sal wees.

Een van die dinge wat ons by die Bybelaksie sal doen, is om aan maniere te dink hoe ons ons geloof beter kan verstaan, deur iets te doen. Hier is 'n voorbeeld. Baiekeer kan ons liggaamshouding die houding van ons harte en gedagtes beïnvloed. Probeer dit doen: hou jou arms met gebalde vuiste voor jou uit. Jy kan baie kwaad word oor iets as jou vuiste geslote is, nie waar nie? Hou nou jou palms met uitgestrekte vingers na bo. Dis nou moeiliker om kwaad te word, is dit nie? Ek het ondervind dat geloof ook so werk. Wanneer ek met my liggaam geloof in aksie sit, werk my hart en gedagtes saam.

Ek dink nie Jesus wil hê dat ons net met Hom moet saamstem nie. Ek dink Hy wil hê dat ons dit wat Hy vir sy vriende geleer het, moet oorsit in dade. As ons die dinge doen waaroor Jesus gepraat het — om kos te gee vir mense wat honger is, om vrygewig te wees met ons tyd en geld, of om goed te wees vir mense wat ons sleg behandel — sal ons harte ons dade volg en ons geloof sal werklikheid word!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

3-Day Reading Plan: Live Love Does

Bob Goff en Lindsey Goff Viducich se 3-dag leesplan: "Leer wat liefde doen", sal jou kind help om te leer hoe om in genade en liefde te leef! Hulle sal leer hoe om verantwoordelikheid te neem vir hulle foute (en hoe om ander te vergewe), hoe om hulle geloof te beoefen deur tyd saam met Jesus deur te bring en meer soos Hy op te tree. Kinders sal meer bemagtig voel om 'n tasbare verskil in die wêreld te maak.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2CWWuks