Waarom Paasfees?Voorbeeld

Waarom het Hy gekom, en waarom het Hy gesterf?
Jesus is die enigste mens wat nog ooit gekies het om gebore te word, en Hy is een van min wat gekies het om te sterf. Hy het gesê dat die hele rede vir sy koms was sodat Hy vir ons kon sterf. Hy het gekom "om sy lewe as 'n losprys vir baie te gee" (Markus 10:45).
Jesus het gesê dat hy "vir" ons gesterf het. Die woord "vir" beteken "in die plek van". Hy het dit gedoen omdat Hy ons liefgehad het en nie wou hê dat ons gestraf moes word vir al die dinge wat ons verkeerd gedoen het nie. Aan die kruis het Hy inderwaarheid gesê: "Ek sal al die dinge op myself neem." Hy het dit vir jou gedoen, en Hy het dit vir my gedoen. As jy of ek die enigste persoon in die wêreld was, sou Hy dit vir ons gedoen het. Paulus skryf van "die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my gegee het" (Galasiërs 2:20). Dit was uit liefde vir ons dat Hy sy lewe as 'n losprys gegee het.
Die woord "losprys" het sy oorsprong uit die slawemark. 'n Vriendelike persoon kon 'n slaaf koop en hom vrylaat, maar eers moes die losprys betaal word. Jesus het deur sy bloed aan die kruis die losprys betaal om ons vry te maak.
Aangaande hierdie leesplan

Wat is so belangrik aan Paasfees? Waarom is daar soveel belangstelling in 'n persoon wat meer as 2000 jaar gelede gebore is? Waarom is so baie mense opgewonde oor Jesus? Waarom het ons Hom nodig? Waarom het Hy gekom? Waarom het Hy gesterf? Waarom moet enigiemand die moeite doen om dit uit te vind? In hierdie 5-dag leesplan deel Nicky Gumbel dwingende antwoorde op hierdie vrae.
More
Verwante Leesplanne

Gewaagde Gebede

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees

Die Vrug Van Die Gees

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Maak 'n Kopskuif

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
