Wat Jesus Nooit Gesê Het NieVoorbeeld

Things Jesus Never Said

DAG 4 VAN 6

Ek vergewe jou, al vergewe jy nie ander nie.

Iets wat jy omtrent Jesus se woorde moet weet, is dat Hy baie verhale vertel het. Daar is verskeie redes waarom Jesus verkies om verhale te vertel; een rede is omdat Hy weet verhale is vol karakters waarmee ons onsself kan vereenselwig. Ons kan dalk die karakters in hierdie verhale in ons lewens innooi.

Een van Jesus se verhale is opgeskryf in Lukas 15:8-10. Hy vertel van ‘n vrou wat 10 silwermuntstukke gehad het. Die geld waarna hier verwys word, was Griekse munte, elk ter waarde van ‘n dagloon. Die vrou verloor toe ‘n muntstuk. Sjoe! ‘n Volle dag se loon. Jesus vra dan: “... steek [sy] nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?” Ja Jesus. Sy, net soos ons, sal oral soek. 

Jesus vertel verder, dat sy die silwermuntstuk opgespoor het. Hoera! Weer vra Jesus ‘n vraag (vrae was ‘n ander manier waarop Jesus baie woorde gebruik het): "En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry?'" Nou vertel Jesus ons regtig iets wonderliks. Net so vol blydskap as wat die vrou oor haar een silwermuntstuk was, so vol blydskap is God en al sy engele oor een persoon wat sy lewe met God regmaak. 

Dit is ‘n pragtige verhaal oor God se genade aan ons, nie waar nie? Hier is nog ‘n verhaal. Jy bring tien dae saam met iemand deur vir wie jy baie omgee. Dalk kuier jy by familie. Dalk is dit die tiende dag na jou troue. Die eerste nege dae was wonderlik, maar op die tiende dag, maak daardie persoon jou diep seer. Jy “verloor ‘n muntstuk”. Vraag: Het jy reeds ‘n liefdevolle viering beplan vir die oomblik wat die persoon om verskoning vra? Of, dink jy aan allerhande maniere hoe jy dit teen die persoon gaan hou. 

Die verhaal werk na beide kante toe, want Jesus het nooit gesê: “Ek vergewe jou, al vergewe jy niemand nie.” Nee, Hy het gesê: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe" Matteus 6:14. Toe Petrus vir Jesus vra hoeveel keer ons iemand moet vergewe, het Hy in Matteus 18:21 gesê: "Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer." Vergewe wanneer jy enigiets teen enigiemand het. Terwyl jy vandag Jesus se woorde lees, vra Hom vir die krag en die vermoë om enige onvergewensgesindheid waaraan jy vashou te laat vaar. Neem ‘n oomblik en wees bly. Jy is die muntstuk wat Hy gevind het. 

Gebed: Jesus, wie moet ek vandag vergewe? Hoe moet ek ander vergewe? Help my om dieselfde genade wat U aan my bewys ook aan ander te betoon. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Things Jesus Never Said

As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/