Wat Jesus Nooit Gesê Het NieVoorbeeld
Gaan en doen wat jou gelukkig maak.
"Dit is natuurlik om jou lewe tot in persoonlike beheer te manipuleer om sodoende te verseker jy kry wat jy dink jy nodig het." Dr. Paul David Tripp
Netso verwar ons soms om Jesus te volg as ‘n oorlewingsplan wat eendag ons lewens meer perfek en sorgvry sal maak; net soos ons ander kere om Jesus te volg met die strewe na geluk verwar.
Ons sielkundige berekeninge werk so: God is goed en geluk is goed, dus wil God hê dat ekself moet uitvind hoe om gelukkig te wees. Ook as verhoudings, of my manier van lewe my gelukkig maak, dan wil God mos hê dat ek my eie geluk moet vind.
Moet egter nie verward voel nie. Jy is nie alleen nie. Hierdie denkwyse is normaal. In sy leesplan: Nuwe Jaar, Nuwe Genade, sê Dr. Paul David Tripp: “Dit is normaal om te wens dat jy meer oppermagtig oor ander mense, omstandighede, en plekke was as wat jy ooit sal wees.” Dit is normaal om jou eie sin te wil hê. Dit is normaal om jou eie lewe te probeer reël sodat jy nie ongemak ervaar nie. Dit is normaal om Jesus te wil volg, godsdiens te beoefen, of die Bybel te lees sodat jou lewe sal uitwerk. Dit is normaal om vermaak op te soek, plaasvervangers of ander dinge na te streef as godsdiens nie uitwerk nie. Dit is normaal om enigiets te probeer doen om gelukkig te wees.
Dit is normaal, maar werk dit? Wanneer ons besef al ons menslike pogings om ons eie geluk te verseker, lei tot geen geluk of standvastigheid nie – dit is dan wanneer ons finaal besef wie Jesus regtig is. Jesus is genoeg.
Jesus het nooit gesê: “Gaan jou eie gang en doen wat jou gelukkig maak" nie. Hy het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie" (Johannes 14:6). Dis omdat Jesus genoeg is.
Jesus het nooit gesê jy mag nie gelukkig wees nie. Inteendeel, dit beteken jy kan nie ware vreugde, diepe geluk, opregte herstel, of die ewig-reddende liefde van ons hemelse Vader ervaar sonder om deur Hom te gaan asof Hy alleen genoeg is nie. Want, Jesus is genoeg.
Gelukkig is Jesus so lief vir ons dat Hy ons strewe na geluk verhinder. Hy kom jou wêreld binne en offer sy lewe vir jou op sodat jy uiteindelik kan ophou probeer om vas te stel wat jou gelukkig maak. Om Dr. Tripp aan te haal: “Hy red jou daarvan om te dink dat jy die lewe kan leef wat jy veronderstel is om te leef, terwyl jy die onvoldoende bronne van jou eie wysheid, ervarings, geregtigheid, en krag vertrou.”
Dit is nie normaal nie. Dit is bonatuurlik. Dit is wie Jesus is — Jesus is genoeg.
Nadenke: Hoe het ek al probeer om my eie geluk te reël? Hoe anders sal my lewe wees as ek lewe asof Jesus genoeg is?
Aangaande hierdie leesplan
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.
More