Rus vir die vermoeideVoorbeeld
Hoe kan ons leer om ons aan die sagte juk van Jesus, ons Meester, te onderwerp?
Die derde opdrag wat Jesus in hierdie gedeelte gegee het, was:
"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (Matteus 11:29).
Ons betree Jesus se leerskool van die sagte juk en ligte las deur te lewe soos Hy geleef het. Soos ons sy lewe in die Skrif bestudeer en met gebed en gehoorsaamheid reageer, sal ons leer om sy opdragte uit te voer.
"Toe sê Jesus vir sy dissipels: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry'" (Matteus 16:24-25).
Ter opsomming: ons leer van Jesus om deur toewyding sy dissipels te word. Ons sit aan sy voete en leer om sy leefstyl na te volg totdat ons dit ons eie gemaak het.
Ek wil nie hê jy moet dink as ons na Jesus toe kom, sy juk opneem, en van Hom leer, dit beteken dat ons op 'n bonatuurlik wyse van ons laste en beproewings sal ontslae raak nie. Dit beteken wel dat die las ligter sal voel namate ons agterkom dat ons gebonde is aan die Een wat sterk genoeg was om die gewig van al ons sondes aan die kruis te dra.
Het jy al die besluit geneem om 'n dissipel van Jesus te word — nie net om sy geskenk van verlossing te aanvaar nie, maar voluit daarna strewe om sy leefstyl in jou eie lewe na te volg?
Indien jy graag meer wil leer hoe om Christus in 'n tydperk van lyding te vind, klik hier om 'n e-boek van Dr. Tony Evans, getiteld "Joy in Adversity" af te laai.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan deur Dr. Tony Evans sal jou dieper insig gee in drie opdragte van Jesus, wat jou sal help om 'n tydperk van rus in jou lewe binne te gaan.
More