Rus vir die vermoeideVoorbeeld

Rest For The Weary

DAG 2 VAN 3

Waarom word daar vir die vermoeide hoop vir rus gebied wanneer ons na Jesus toe kom? 

Die antwoord kom voor in die volgende opdrag wat Jesus aan die skare gegee het: "Neem my juk op julle" (Matteus 11:29). 

Wanneer ons na Jesus toe kom, ontvang ons sy juk, en soos 'n os wat 'n land omploeg, moet ons ons aan sy leiding onderwerp. Ons is nie meer die baas en gesagvoerder van ons toekoms nie, maar net soos die eerste dissipels (Petrus en Andreas) wat in die evangelie van Matteus deur Jesus geroep is, hoor ons en is ons gehoorsaam aan Jesus se opdrag om Hom te volg (Matteus 4:19). Hierdie juk word dus beskryf as sag: 

"My juk is sag en my las is lig" (Matteus 11:30). 

Die Griekse woord chrēstos — wat hier as "maklik" beskryf word — kan vertaal word as "goed pasgemaak of op maat gemaak". 'n Juk wat nie goed pas nie, irriteer en oorwerk die os, maar Jesus se maklike juk is een wat pasgemaak is vir die dissipel wat Hom volg. Hy is per slot van rekening die Skepper van alle dinge en weet die beste wat ons nodig het. Die psalmdigter beskryf hierdie sorgsaamheid vir ons behoeftes so: 

"Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is (Psalm 103:13-14). 

Om Jesus egter te volg en sy juk op te neem is nie maklik nie. Dit behels opoffering, gehoorsaamheid en onderwerping aan die Meester se wil. Tog is dit 'n vreugdevolle onderwerping aan die Een wat ons geskape het, wat ons intiem versorg, en wat ons die beste ken.

Hoe kan ons leer om ons aan die sagte juk van Jesus, ons Meester, te onderwerp?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Rest For The Weary

Hierdie leesplan deur Dr. Tony Evans sal jou dieper insig gee in drie opdragte van Jesus, wat jou sal help om 'n tydperk van rus in jou lewe binne te gaan.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tonyevans.org/