Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld
ONS GOD IS GETROU
God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. 1 Korintiërs 1:9
Ons het ‘n paar jaar gelede ons landerye voorberei, mielies geplant en vir die reën gewag. Die reën het geval en die saad het ontkiem. In plaas daarvan om twintig tot dertig sentimeter van mekaar te staan, het die plante ‘n meter van mekaar gestaan. Dit was ‘n ramp, want ons plantpopulasie is gehalveer. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek het daardie mielieplante nege maande lank elke dag dopgehou. Op ‘n dag het die Heilige Gees vir my gesê: “Hou op kyk na die spasie tussen die plante en kyk na die mielies.” Ek het gekyk. Die mieliekoppe was twee keer groter as gewoonlik. Die mieliepitte was vier keer groter as gewoonlik. Ek het besef dat God iets spesiaals sou doen.
Daardie jaar het ons die ergste droogte ooit beleef. As die mielieplante twintig sentimeter van mekaar af was, sou ons geen oes gehad het nie, want die plante sou nie kon vrug dra nie. Omdat daar ‘n meter tussen die plante was, het ons ongelooflike groot mielies gehad en ‘n verstommende oes ingebring.
God is getrou. Hy neem ons mislukkings en verander dit in suksesse. Dit is wat God vandag vir jou wil doen. Hy wil die goeie saad in jou hart saai sodat jy vir Hom ‘n groot oes kan lewer. Dit maak nie saak wat jy gister gedoen het nie. Die Here sê dit is ‘n nuwe dag, ‘n nuwe begin. Ploeg daardie land diep om, plant die goeie saad en jy sal ‘n pragtige oes inbring.
Here, plant u saad vandag in my hart. Maak die grond vrugbaar en ontvanklik sodat ek ‘n oorvloedige oes vir U kan lewer. Amen
Aangaande hierdie leesplan
Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en almal sal weet hoe dit werklik is. Angus Buchan moedig jou in hierdie 12-dag-leesplan aan om die evangelie te deel en die hele wêreld te vertel dat Jesus die Here is!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/