Aktiewe GeloofVoorbeeld

Active Faith

DAG 6 VAN 6

Geloof Wat In Dade Oorgaan

Ons het meestal 'n goeie begrip van geloof. Ons weet as gelowiges dat dit onmoontlik is om God sonder geloof te behaag (Hebreers 11:6). Wat egter as ek vir jou sê, deur net geloof te hê en te glo, nie goed genoeg is nie? Om God werklik te behaag moet ons geloof in dade oorgaan en moet ons volgens sy wil lewe.  

Wanneer ons geloof oorgaan in dade, word dit werklik getoets. Wat dit ook nog moeiliker maak, is dat geloof iets is wat ons nie kan sien nie. "want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie" (2 Korintiërs 5:7). Geloof is: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie" (Hebreërs 11:1). Ons is vertroud met hierdie gewilde verse in die Bybel oor geloof, maar ons moet onthou dat geloof ook dade vereis. Om te reageer op iets wat jy nie kan sien nie, is reeds 'n moeilike taak, maar om dit te doen, is ons eerste daad van VERTROUE op God.

Kan jy jou indink al die kommentaar en kyke wat Noag gekry het toe hy aan die ark begin bou het, want die vloed het eers baie jare later plaasgevind nadat God hom die opdrag gegee het om dit te begin bou. Noag se geloof het dus in DADE oorgegaan toe hy die ark begin bou het — sonder enige bewyse dat daar 'n vloed gaan kom. Hy het God vertrou en gedoen wat Hy gesê het. Toe die vloed kom, is sy gesin gered en kon hulle veilig in die ark woon.

Watter taak, droom of doelwit stel jy uit of sukkel jy om mee te begin, net omdat jy nie nou die eindresultaat nie kan SIEN nie? As God vir jou 'n droom of visie gegee het, begin dan NOU om in geloof te reageer, en God sal alles voorsien wat jy nodig het om dit te voltooi. Ons as mense wil altyd die eindproduk sien, die struik in volle blom, of die boom wat swaar aan sy vrugte dra, wanneer ons 'n opdrag van God kry, maar dit is nie hoe dit werk nie. Die Here gee ons nie die boom vol vrugte nie, maar slegs die saad. Ons moet self die grond voorberei, die saad plant, water gee en versorg totdat ons die vrugte van ons arbeid kan pluk. Ons geloof moet in dade oorgaan deur ons deel te doen met die opdrag wat God vir ons gegee het. 

Klik hier vir jou Geloof & Fiksheid Oefening van Dag 6!

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Active Faith

Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad daar te stel, sodat jy ywerig en fiks in jou geloofslewe kan wees. Instruksionele video's is verskaf deur Terry Williams van "League Elite Training" se fasiliteit in Houston, Texas.

More

Hartelike dank aan Active Faith Sports vir die voorsiening van die plan. Vir meer iinligting besoek gerus: https://activefaithsports.com