Koester jou hartsmenseVoorbeeld

Koester jou hartsmense

DAG 2 VAN 5

“Liefde vir mekaar”


Ek is seker alle mense sukkel met die gebod om jou naaste lief te hê, maar by hierdie gebod kan ons nie verbykom nie. Jesus het nie verniet gesê dat dit nét so belangrik is soos die eerste gebod nie – dat ons God bo alles moet liefhê. Elke weeksoggend as ek ons koerant by die hek gaan haal en na die hoofopskrifte kyk, moet ek myself weer opnuut aansê dat ek sommige van my broers moet liefhê! Maar ai, dis moeilik om dit reg te kry as ek lees wat hulle alles aanvang!


“Luister na jou eie stem as jy oor die moeilike broers en susters praat. Hoor jy daardie tikkie venyn? Is jou taal nie net effens te skerp nie? Hoekom is jou nekspiere so styf?” skryf my man, Johan Smit, in WEES STIL EN WEET, 28 September. Toe ek dit lees, moes ek lag. Net daar het ek besluit dat ek maar elke dag van voor af sal begin om my in daardie soort liefde te oefen. Die spreekwoord beloof mos: “Practice makes perfect!” Bid dat God vir jou ook die ongeveinsde naasteliefde sal gee wat Hy van jou vra.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Koester jou hartsmense

Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za