Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 7 VAN 10

Dag 7: Die Leeukuil

Ons dink soms as ons volhard om dinge nederig en spesifiek op God se manier te doen, ons nooit probleme sal ondervind of in moeilike situasies sal beland nie.

ONWAAR

Daniël was 'n kragtige man van vas en gebed en uiters getrou aan God. Vandag gaan jy egter lees dat sy vyande vir hom 'n strik gestel het om hom te vernietig deur middel van dit wat hom van hulle onderskei het: sy toegewydheid aan God. Daniël het die regte ding gedoen, God ten volle gedien — en dit het hom in die leeukuil laat beland.

Moes God dit nie gekeer het nie? As God regtig aan Daniël se kant was, dink jy nie Hy sou die manne gekeer het om sy kind, Daniël, dood te maak nie? 'n Mens sou dink as enigiemand van sulke probleme gespaar moes word, dit iemand moes wees wat soos Daniël bid, nie waar nie? Dis egter nie die verhaal van die boek Daniël — of dikwels ons lewens — nie.

Daniël het sy beste kans gehad om God te verteenwoordig; nie deur sy afspraak met die leeukuil te omseil nie, maar om eerder daarin gegooi te word.

Wat sal gebeur as ons ons energie en gebede verander van God gedurig te vra om ons te help om ons probleme te vermy, na Hom eerder te vra om sy krag te midde daarvan te wys? Dis mos eintlik wat Hy herhaalde kere in die boek Daniël doen — God daag op en die magtigste konings van die wêreld moet in nederigheid buig voor sy reddende krag.

Jesus het vir ons gesê: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin ” (Johannes 16:33). Ons gaan "leeus" teëkom, dis vir seker. Die vraag is: "Wat gaan ons daaromtrent doen?" 

Gaan jy God se goedheid in twyfel trek omdat jy in 'n moeilike situasie is? Of gaan jy om 'n geleentheid bid waar Hy Homself te midde van jou probleme kan openbaar?

God wil hê dat gebed soos 'n stuurwiel en nie 'n spaarwiel moet wees nie. 

As jy gebed net as 'n laaste uitweg sien, in plaas van jou eerste keuse, wil ek jou aanspoor om vandag soos Daniël te begin bid — nederig, spesifiek en aanhoudend. Bid voor die tyd, in die stryd en na die tyd. Moet Hom nie net vra om probleme van jou af weg te hou nie; vra Hom om die mense om jou te verbaas as jy uit die "leeukuil" kom en aan Hom alle eer gee.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek het gesien hoe almal wat werklik in hierdie vas betrokke was, iets besonders van God ontvang het! Maak gereed om jou aan God te verbind en kyk hoe Hy jou lewe verander!

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com