Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 2 VAN 10

Dag 2: Kragspel

Om soos Daniël te vas is nie net 'n geestelike gewoonte vir my nie: dis 'n heel nuwe denkwyse! Ek herinner myself aan hoe God se kinders regdeur die Bybel kragtige gebede gebid het. Hulle het nederig, spesifiek, met deursettingsvermoë en 'n verwagting gebid. 

Eenvoudig gestel: nederige gebede is kragtige gebede! Wanneer ons opsy staan en God toelaat om namens ons te bid, in plaas daarvan om vir Hom ons lysie van behoeftes te gee, skep ons ruimte vir die moontlikheid om wonderlike dinge uit sy hand te ervaar. Nederigheid is 'n kragtige bron vir Christene! 

Vas maak jou nederig. Dink daaroor na — jy kies om jouself kos, wat 'n basiese menslike behoefte is, te ontsê, om jouself aan God te onderwerp. Dis nederigheid. Dit haal jou van die troon van jou lewe af en plaas Hom daarop.

Die koning van Babilon het dit nie verstaan nie. In vandag se Skrifgedeelte word Daniël na die koning gebring om die skrif teen die muur te lees, wat die einde van die koning se koningskap aangekondig het. Die koning het homself bo God se mag verhef en God sou die magshonger man tot sy einde bring. 

In die wêreld werk dit so, indien jy wil mag hê moet jy dit verdien of dit vat. Dit werk nie so in God se koninkryk nie. Wil jy God se krag hê? Gaan kniel dan in nederigheid op jou knieë voor Hom! Ons sal sien hoe sy krag werk om lewens te verander, gebrokenes te herstel, wysheid te gee en vryheid te bewerkstellig, wanneer ons opsy staan, besef dat dit nie oor ons gaan nie en onsself voor ons almagtige God verneder.

Om bonatuurlike krag by God te kry, moet jy Hom daarvoor vra. Hoe het God se kinders deur die geskiedenis heen daarvoor gevra? Deur te vas en te bid.

Wanneer ons sondig, soos om trots te wees op onsself, kan ons ver van God af voel. Dit kan voel of ons 'n deelnemer in die kompetisie "The Voice" is en hoop dat God die groot, rooi knop sal druk en sy stoel sal omdraai om gunstig teenoor ons op te tree. Die waarheid is egter dat God nooit beweeg nie — Hy verlaat ons nooit nie en Hy het alreeds die groot, rooi knop vir ons gedruk! Vas en gebed is die manier waarop ons plek in ons lewens maak sodat ons sy herskeppende krag kan ondervind.

As jy ver van Hom af voel en wil hê dat sy krag jou lewe geheel en al moet verander, soos die wêreld se voortreflikste huisrestourasie, is dit tyd om Hom na te jaag deur nederig te vas en te bid. As jy wil sien hoe Hy kragtig beweeg, gaan op jou knieë en plaas Hom op die troon van jou lewe.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek het gesien hoe almal wat werklik in hierdie vas betrokke was, iets besonders van God ontvang het! Maak gereed om jou aan God te verbind en kyk hoe Hy jou lewe verander!

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com