God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 3 VAN 7

’n Positiewe Perspektief

’n Geestelike wildernis hoef nie ’n negatiewe tyd te wees indien ons gretig is om God te gehoorsaam nie. Ek besef dit klink teenstrydig met ons intuïsie, maar die doel van die woestyn is redelik positief: om op te lei, te suiwer, te versterk en ons voor te berei vir ’n nuwe skuif van die Heilige Gees, met die doel dat ons meer vrug kan dra. 

Onwetend, wanneer mense die wildernis betree, raak baie paniekerig en tree dus onwys op. Sonder begrip soek hul na en doen hul die verkeerde dinge. ’n Voorbeeld is ’n radikale verandering van beroep of om van een kerk na ’n ander te verskuif — enige drastiese skuif in hul lewens wat hulle dink onmiddellike geluk sal meebring of normaliteit sal herstel. ’n Enkellopende persoon sal byvoorbeeld na ’n nuwe verhouding spring kort ná die seerkry van ’n pynlike verbreking van ’n vorige verhouding. 

Indien jy soek na ’n ontsnaproete alvorens jy verstaan waarom God jou ’n spesifieke droë situasie laat beleef, verleng jy onwetend jou wildernis tydperk. Dit bring meer hartseer, frustrasie of selfs nederlaag mee, omdat jy nie die seisoen of die plek waarheen God jou gelei het, verstaan nie. 

Dit was die geval met die kinders van Israel gedurende hul veertig jaar in die wildernis. Wat veronderstel was om ’n reis van een jaar te wees, het ’n lewenslange ervaring geword. Eina! ’n Gebrek aan begrip van wat met hulle aan die gebeur was, het veroorsaak dat ’n hele geslag onbevoegd was om die Beloofde Land te beërwe. 

God se doel daarmee om die kinders van Israel die wildernis in te lei, was om hulle te toets, op te lei en voor te berei om magtige krygers te word, wie in staat sou wees om hul Goddelike belofte — ’n nuwe tuisland — in besit te neem. In plaas daarvan het die kinders van Israel die wildernis foutiewelik as straf beleef en gevolglik voortdurend gemurmureer, gekla en vuriglik ander dinge begeer. 

Hoe tragies! Indien ons kan leer om te herken wanneer ons ’n wildernis ervaring betree, kan ons klagtes vermy en dankbaar wees dat daar ’n “Beloofde Land” aan die anderkant is, gekenmerk deur nuwe volwassenheid, krag, seën, geleenthede en ’n vervulde belofte. 

Hoe het jy jou wildernis tydperk beskou?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal help om jou te begelei deur die droë en moeilike tye en om in pas te kom met alles wat God vir jou in gedagte het.

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com