Hoe om die Bybel te Bestudeer (Grondslag)Voorbeeld
Optimale Bybelstudie Word Deur Hulpmiddels Ondersteun
'n Mens is net so goed soos sy hulpmiddels. – Emmert Wolf
Een van die gunsteling dinge om op my afdae te doen, is om met 'n warm koppie suurlemoen en gemmer tee te gaan sit terwyl ek na die "Masterchef" programme kyk. Ek voel gehipnotiseer wanneer ek 'n meestersjef sien werk. Elke stap wat hulle doen, is doelgerig, van die geurmiddels wat hulle gebruik, die temperatuur wat hulle stel, tot die soort eetgerei waarop hul geregte voorgesit word.
Indien jy hierdie wêreldklas sjefs sou vra wat die belangrikste element van kosmaak is, sal 99% van hulle dieselfde antwoord gee: bestanddele. Hoe varser of skaarser die bestanddele, hoe meer uitnemend sal die finale dis wees.
Vir Bybelstudente is ons bestanddele die hulpmiddels wat ons gebruik om die Woord van God beter te verstaan. Indien ons goeie hulpmiddels gebruik, sal ons 'n ryke begrip van die Bybelse wêreld ontwikkel en leer hoe om die tydlose waarhede in die Woord van God toe te pas. Indien ons ons egter wend na onvolledige of onakkurate "bestanddele", sal ons begrip van die Bybel tekort skiet, en ons moontlik selfs op gevaarlike paaie lei.
In 2 Timoteus 2: 15b word ons aangemoedig om arbeiders te wees "wat die woord van die waarheid suiwer verkondig". Die beste manier wat ek ken om dit te doen, is:
- Soek beskikbare hulpmiddels wat jou kan help om die Bybel beter te verstaan.
- Bid dat God jou sal lei na 'n geskikte raadgewer om jou te help om die hulpmiddels te gebruik.
Die ontsaglike hoeveelheid hulpmiddels wat beskikbaar is, kan oorweldigend wees. Daar is kommentare, woordeboeke, konkordansies, kaarte, taalkundige programmatuur en meer. Die nommer een hulpmiddel wat ek my studente altyd aanmoedig om te gebruik, is eenvoudig: 'n goeie Bybelweergawe.
Gelukkig bied hulpmiddels soos die YouVersion Bybeltoep eenvoudige toegang tot verskeie, nuttige Bybelweergawes. Dit is hier waar ek jou aanraai om te begin.
Daar is skatte in die Woord van God wat wag vir diegene wat bereid is om daarna te soek.
Wenk: Wil jy jou Bybelstudie na die volgende vlak neem, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Kies een van jou gunsteling verse en skryf vyf verskillende Bybelweergawes daarvan op 'n stuk papier. Watter verskille of ooreenkomste merk jy op? Jou bewustheid as 'n leser is een van die beste hulpmiddels wat daar is.
Aangaande hierdie leesplan
Dit is maklik om oorweldig, swak toegerus en verlore te voel wanneer dit kom by die Woord van God. My doel is om die Bybelstudieproses vir jou te vereenvoudig deur jou bekend te stel aan drie van die belangrikste beginsels van suksesvolle Bybelstudie. Sluit by hierdie leesplan aan, en ontdek vandag nog hoe om die Bybel te lees, nie net ter wille van inligting nie, maar as 'n lewensveranderende ervaring!
More