Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld
![Verlosser - Die Belofte Vervul](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13371%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Jesaja 11:1-10, Matteus 1:5-6
SOAP: Jesaja 11:1
Ek is lief om te sien hoe die Ou- en Nuwe Testament inmekaar verweef is, en daar is geen beter manier om dit te ervaar as om profesieë te bestudeer nie. Ek weet dat profesieë soms moeilik kan wees om te verstaan, maar as jy vandag se Skrif gelees het, sal jy sien hoe die profesie wat in Jesaja gedeel is, vervul is in Jesus (waarvan ons in Matteus lees).
Die Messias moes kom uit die stam van Isai, Koning Dawid se pa. Daar was geen ander manier nie. Slegs uit die stam van Juda. Slegs uit die geslag van Dawid. Hy moes Jesaja se profesie vervul, en Jesus het. Hy het dit volkome vervul.
Het jy besef hoe vandag se verse, wat duisende jare voor Jesus se geboorte geskryf is, sy bediening op aarde beskryf? Jesaja praat van Jesus se wysheid en begrip, sy raad en mag, sy kennis en vrees van die Here. Hy beskryf hoe Jesus regverdig was om te oordeel, hoe Hy in belang van die sagmoediges staan. Dit gee my hoendervleis!
Hemelse Vader, ek is verwonderd om te sien hoe U alles bymekaar hou. Dankie dat U my met die vervulling van Jesaja se profesie 'n blik gee op u Voorsienigheid en Soewereiniteit. Help my om te onthou hoe u beloftes altyd waar word. Amen.
Mini uitdaging: Lees die hele geslagsregister van Jesus wat in Matteus 1 gevind word hardop. Bestudeer die besonderhede van naderby - die name, watter vroue genoem word, en enigiets anders wat vir jou uitstaan.
Aangaande hierdie leesplan
![Verlosser - Die Belofte Vervul](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13371%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com
Verwante Leesplanne
![Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13725%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg
![Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14733%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
![Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15155%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
![Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15847%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
![Die Wapenrusting Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13579%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Wapenrusting Van God
![’n Hart vol Dankbaarheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14577%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
’n Hart vol Dankbaarheid
![Koester jou hartsmense](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13927%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Koester jou hartsmense
![Getroue Liefde](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14545%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Getroue Liefde
![Nuwe Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16444%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Lewe
![Die krag van die Heilige Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14264%2F320x180.jpg&w=640&q=75)