Maak Gereed vir die HuwelikVoorbeeld

Getting Ready for Marriage

DAG 5 VAN 7

“Betoon Genade en Vergifnis”

Vergifnis is die gom wat jou huwelik bymekaar hou. Sonder om vergifnis te gee en te ontvang sal julle wegbeweeg van mekaar en intimiteit verloor. Vergifnis beteken nie dat jy die kwaad wat teen jou gedoen is vergeet nie, maar dit beteken wel dat jy 'n besluit neem om nie 'n wrok te koester nie. Jy vergewe nie omdat jy so voel nie, maar omdat dit 'n stap nader aan genesing is. Vergifnis is 'n doelbewuste besluit. Dit mag dalk nie noodwendig die nagevolge wegneem of gebroke vertroue herstel nie, maar dit maak wel 'n versoening moontlik.

As gevolg van ons geloof, glo ons dat die grootste daad van genade plaas gevind het toe Jesus vir ons sondes gesterf het. Die opoffering van sy lewe aan die kruis het vergifnis moontlik gemaak, en nou kan ons oorvloedige lewe op aarde en die ewige lewe in die hemel ervaar. Dit is die toonbeeld van onvoorwaardelike liefde. Vir ons om God se vergifnis te ontvang en dan te besluit om nie ons huweliksmaat te vergewe nie is die hoogste vorm van arrogansie. Wanneer jy jou huweliksmaat vergewe, kies jy om doelbewus "die klag terug te trek" van die kwaad wat jou aangedoen is. Jy is nooit meer soos Jesus as wanneer jy vergewe nie. 'n Gesonde, florerende huwelik bestaan uit twee onvolmaakte mense wat mekaar sal seermaak, maar wat ook weet hoe om mekaar te vergewe.

* Alhoewel hierdie een van die korste lesse is, is dit waarskynlik een van die belangrikste. Wat is jou motivering om jou verloofde te vergewe as jy regtig nie lus is nie. Het jy al Bybelse vergifnis van hulle ervaar? Het jy dit self gegee? Kyk na die patroon van seer en vergifnis wat julle verhouding kenmerk, is dit gesond en Bybelsgefundeerd?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Getting Ready for Marriage

Geneem uit hul boek " Getting Ready for Marriage", sluit aan by verhoudingskenners Jim Burns en Doug Fields terwyl hulle jou help om nou te begin beplan vir jou blywende verbintenis. Finansies, skoonouers, kommunikasie, vergifnis, seksuele verwagtings, geen onderwerp is buite perke wanneer jy en jou verloofde gereedmaak om van verlowing na 'n lewenslange verbond met mekaar te tree.

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/getting_ready_for_marriage/