Soek Daagliks Die Hart Van God — WysheidVoorbeeld

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

DAG 5 VAN 5

Wyse Vrees

Daar is goeie vrese. Die vrees van God is een van hulle. Dit is fundamenteel. Dit voed al die ander goeie vrese. Dis 'n wyse man of vrou wat eerstens vir God vrees. Aan die begin van jou geloofsantwoord is die vrees van God vurig. Dit is die wittebroodstadium van jou huwelik met Christus. Jy weet nie beter as om te doen wat van jou verwag word nie. Maar as die vrees van God verwaarloos word, sluip ongehoorsaamheid in (Psalms 36:1). Soos enige ander geloof of dissipline, moet die vrees van God gevoed word deur geloof en gehoorsaamheid. Die vrees van God hou jou eerlik teenoor Hom en jouself. Dit is die begin van aanspreeklikheid. Die genade van God — sonder die vrees van God — is 'n illusie. Daar kan geen genade sonder vrees wees nie, net soos daar geen vrees sonder genade is nie. Die mens wat God nie vrees nie, is dwaas. Die vrug daarvan is dwase keuses en 'n ongedissiplineerde lewe.

Bowendien, sukses is 'n vyand van die vrees van die Here. Hoe meer sukses jy ervaar, hoe meer is jy geneig om nie te vrees nie. Eintlik moet die teenoorgestelde egter waar wees. Hoe meer sukses jy geniet, hoe meer het jy die vrees van God en die vrees vir die nagevolge van sonde nodig. Baie keer verleen sukses onafhanklikheid. Dit is juis hier waar jy wys moet wees en jou vlak van aanspreeklikheid verhoog. Erken die naakte waarheid teenoor jouself. Jy kan nie onafhanklik wees sonder om aanspreeklikheid te aanvaar nie. Dawid kon nie, en hy was 'n man na God se hart (Handelinge 13:22). As dit nie aangespreek word nie, lei onafhanklikheid sonder aanspreeklikheid tot 'n reeks slegte besluite. Niemand is bo die wet verhewe nie; netso is niemand bo aanspreeklikheid verhewe nie.

Dit is 'n wyse leier wat aanspreeklikheid in sy geloof, finansies, gesin, werk en ontspanning inwerk. Diegene wat dink dat hulle dit nie nodig het nie, het dit juis die meeste nodig. Jy kan dalk begin deur 'n persoonlike assistent van dieselfde geslag in diens te neem om saam met jou te werk en jou op sakereise te vergesel. Dit is jou geleentheid om 'n raadgewer te wees vir 'n jong, opkomende leier, en dit is sy of haar geleentheid om jou aanspreeklik te hou. Ons vaar almal beter as ander ons dophou. Die vrees van die Here voorkom dat jy sondig (Eksodus 20:20). Nooi jou gade, komitee, werkgewer en aanspreeklikheidsgroep om jou verantwoordbaar te hou. Wees deursigtig met jou professionele en persoonlike finansies. Vertel jou gade as jy emosioneel geheg raak aan iemand anders. Wees baie oordeelkundig met jou alleentyd. Ledigheid lei tot 'n swak oordeelsvermoë. Jy sal wys wees om alleentyd tot jou Verlosser, jou gade en spesiale vriende te beperk. Die vrees van God is jou vriend. Dit is wys om die gevolge van sonde te vrees. Dit is wys om onverantwoordbaarheid te vrees. Die vrees van God is bevrydend. Vrees daarom vir God, vertrou Hom en haat sonde.

Vir verdere inhoud uit "Seeking Daily the Heart of God", besoek:

https://www.amazon.com/Seeking-Daily-Heart-Boyd-Bailey-ebook/dp/B0054RFUQS/ref=sr_1_2?ie=UTF8&qid=1538167375&sr=8-2&keywords=Seeking+Daily+the+Heart

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

Soek Daagliks die Hart van God is ‘n 5-dag leesplan met die doel om ons aan te moedig, uit te daag en te help op die pad van ons daaglikse lewe. Soos Boyd Bailey gesê het: "Soek na Hom, selfs al voel jy nie lus daarvoor nie, of wanneer jy te besig is, en Hy sal jou getrouheid beloon." Die Bybel sê: “Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen" Psalms 119:2.

More

Baie dankie aan Boyd Bailey, in samewerking met "Wisdom Hunters", wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.wisdomhunters.com/