Soek Daagliks Die Hart Van God — WysheidVoorbeeld

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

DAG 3 VAN 5

Wysheid vanuit Nederigheid

Wysheid en nederigheid gaan hand-aan-hand. Wysheid en nederigheid is ineen verweef. Nederigheid bevat 'n enorme hoeveelheid waardevolle kennis. Wysheid is inderdaad een van die hoog-aangeskrewe hulpbronne. As jy wysheid begeer, sal jy 'n nederig hart moet hê. Nederigheid bring wysheid tuis soos wat 'n chauffeur sy kliënt by sy bestemming aanbring. Wysheid en nederigheid reis saam. In sekere opsigte voer nederigheid die bo-toon oor wysheid. Nederiges begryp dat hulle die wysheid van God nodig het. Hulle gee nie voor om 'n self-aangestelde leermeester te wees wat reeds alles weet nie. Dis baie duidelik dat nederigheid met Christus se denke moet kruis, want nederigheid is slim genoeg om te erken wat dit nie weet nie.

Te veel dinge in die lewe is buite mense se begrip. Daar moet méér wees as wat die mens kan begryp. Met ons beperkte verstand en begrip is ons nie objektief genoeg om te bepaal wat die beste keuses is nie. Ons het God se Wysheid nodig wat ons denke kan deurspoel en sy geregtigheid in ons kan agterlaat. Nederigheid plaas ons in 'n posisie om wysheid van God en ander mense te ontvang. Dit is 'n groeiproses. Selfs Jesus het in wysheid gegroei (Lukas 2:52).

Trots weerhou jou daarvan om wysheid te kan ontvang. Dit is soos 'n krieketspeler wat veldwerk gaan doen as hy agter die paaltjies moet staan. Vanaf die oomblik wat die bal geslaan word, is hy op die verkeerde plek. Daar is niemand om die kolwer uit te vang nie. Sonder nederigheid is jy in die verkeerde posisie om wysheid te ontvang. Jy mag selfs wysheid begeer, maar sonder nederigheid sal jy nie hemelse instruksies kan ontvang nie. God sal baie selde vir 'n trotse persoon wysheid gee, want Hy weet so iemand kan nie vertrou word nie. Waarom sulke waardevolle inligting aan iemand gee wat dit gaan verkwis of alles net tot sy eie voordeel gaan aanwend? God weet dat iemand wat nederig is 'n goeie rentmeester van wysheid is. Nederigheid laat inderdaad 'n honger na wysheid ontstaan. Nederigheid smag na selfs die kleinste krummels wysheid.

As jy eers jou geestelike dieet aangepas het om wysheid te bekom, sal jy nooit weer die gemorskos van aardse wysheid wil hê nie (1 Korintiërs 1:20-30). Die wêreld se wysheid is in trots gesetel. Dis 'n magstryd om te sien wie is die skelmste en vinnigste om die opponent te uitoorlê. Vir 'n trotse persoon is alles 'n kompetisie. Hy gebruik sy eie invloed om homself in die regte posisie te kry. Daarenteen wag die nederige mens geduldig op God. Wysheid wat uit nederige vertroue in God gebore word, gaan gepaard met ywerigheid en vasberadenheid. Trots en skande is maats. Trots mag dalk help dat jy kry wat jy wil hê, maar dit laat 'n spoor van oneer.

Wees liewer nederig en lewe met wysheid. Wysheid bring rus; wysheid is genadig; wysheid gee resultate sonder berou. Nooi en verwelkom dus in nederigheid God se genadige wysheid in jou lewe.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

Soek Daagliks die Hart van God is ‘n 5-dag leesplan met die doel om ons aan te moedig, uit te daag en te help op die pad van ons daaglikse lewe. Soos Boyd Bailey gesê het: "Soek na Hom, selfs al voel jy nie lus daarvoor nie, of wanneer jy te besig is, en Hy sal jou getrouheid beloon." Die Bybel sê: “Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen" Psalms 119:2.

More

Baie dankie aan Boyd Bailey, in samewerking met "Wisdom Hunters", wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.wisdomhunters.com/