Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 2 VAN 12

Teenwoordigheid Bo Prestasie

Ek is Will, en ek sal nooit die dag vergeet toe ek op die prestasie-trapmeul geklim het nie.  

Dit was Sondag, slegs minute na my graad ses wedstryd in die basketbal kampioenskap. Ek het die hele jaar nie minder as 20 punte per wedstryd aangeteken nie, maar ek het pas net vier punte vir ons eerste nederlaag van die seisoen aangeteken. Met die rit huis toe het my grootste aanhanger — my pa — nie 'n woord vir my gesê nie.

Eintlik het hy vir die volgende drie dae nie met my gepraat nie.

My 12-jarige brein het tot die eenvoudige gevolgtrekking gekom dat as ek nie op die baan presteer nie, ek nie my pa se goedkeuring sou hê nie. Het ons nie almal al so iets beleef nie? Te veel van ons leef met 'n diep, miskien verborge, eenvoudige gevolgtrekking dat as ons nie op skool, by die werk, finansieël, geestelik of in verhoudinge wen nie, ons verwerp sal word.

Ek het begin lewe as die ou wat altyd wen. Ek sou nie toelaat dat mense die regte ek leer ken nie, want wat as hulle dit nie goedkeur nie? Die lewe het gegaan oor prestasie.

Ek wens ek het die volgende toe al geweet: My pa se reaksie was meer oor sy eie stryd in identiteit as oor my waarde. Tog het dit meer as 20 jaar geneem om dit af te skud. Eendag het ek my neef vertel van 'n mislukking waardeur ek is en hy het gesê: "Sjoe. Ek het nooit teenoor jou oopgemaak nie, want ek het gedink jy is perfek en jy sal my oordeel.”

Hierna het ek in die Bybel gekyk en niks gevind wat vereis dat jy altyd moet wen om God se goedkeuring te verkry nie. Daar was ook niks wat sê jy moet “meer doen” om God tevrede te stel nie. In plaas daarvan het ek God hoor sê ek is reeds aanvaar (Romeine 15:7), uitverkies (Efesiërs 1:4), uitverkore en dat Hy my baie liefhet (Kolossense 3:12) as gevolg van Christus. 

Maak my verhaal enigiets in jou wakker? Wat ook al vir jou gebeur of nie gebeur het nie — om beter te presteer, altyd te wen, en meer te doen sal nooit genoeg wees nie.

Vra God om jou te wys wanneer die gedagte om altyd te presteer begin het. Praat met 'n vriend oor die ware jy, mislukkings ingesluit. Laat God se woorde oor jou, jou definieer.

Will, pastoor, basketspeler, seun

Kyk na vandag se video

Bid: Vader, wie is ek regtig? Wys my u liefde en genade. Genees my seer en pyn van die verlede. Help my om U en ander met my ware self te vertrou.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church