Wie is die Heilige Gees?Voorbeeld

Who Is the Holy Spirit?

DAG 3 VAN 6

 Jesus Het belowe Om Jou Die Heilige Gees Te Gee 

Kan jy jou voorstel dat jy 'n pen, papier en die poskantoor gebruik om 'n teksboodskap na 'n groep mense toe te stuur met vyf verskillende adresse? Na twee of drie dae sou die briewe by jou vriende se huise begin opdaag. Dan sal elkeen reageer met sy eie brief, vir elke persoon in die groep afskrifte daarvan maak en nog 'n paar dae wag vir die antwoorde. Sjoe! Ek is glad moeg net om daaroor te dink. Dit klink belaglik, want jy kan dieselfde op jou slimfoon doen, binne 'n paar sekondes.

Die Heilige Gees werk amper op dieselfde manier. Hy maak dit vir elkeen van sy volgelinge op aarde moontlik om met Jesus te kommunikeer. Jesus kon net op een plek op 'n slag wees. Sy dissipels het nie veel van die Heilige Gees of sy doel geweet nie. Daarom het Jesus die laaste paar dae voor sy dood tyd bestee om hulle voor te berei. Hulle het nie geweet dat Hy binnekort sou sterf nie, en het definitief nie verstaan hoekom dit moes gebeur nie. In plaas daarvan om sy hele plan op een slag aan hulle te verduidelik, het Hy 'n belofte aan hulle gemaak.

Hy het gesê dat Hy iemand anders in sy plek sou stuur as Hy weggaan — die Heilige Gees. Jesus het nie bedoel dat hulle die verhouding wat hulle met Hom gehad het sou verruil vir 'n verhouding met die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees sou kom om by hulle te wees en alles te verduidelik wat Jesus vir hulle geleer het. Boonop sou die Heilige Gees vir hulle nuwe dinge leer as hulle sou leer om na sy stem te luister.

Wanneer die Heilige Gees kom, sou Hy hulle in die waarheid lei. Hy sou nie sy eie agenda hê nie, maar sou totaal en al toegewyd wees om Jesus se werk op aarde te voltooi. Die Heilige Gees sou in der waarheid eer aan Jesus bring in alles wat Hy doen. Hy sou boodskappe direk van Jesus af aan sy volgelinge oordra. Hier is egter die beste nuus: die belofte was nie net vir die dissipels wat daardie aand by Hom was nie. Dit was ook vir jou!

Dink net hoe dit die hele prentjie verander. Voor Jesus vir ons toegang tot die Heilige Gees gegee het, was Hy die enigste bron van inligting, en Hy was beperk tot 'n fisieke liggaam — op een plek op 'n slag. Hy moes sy boodskap aan een skare op 'n slag bring. Toe die Heilige Gees egter in elke gelowige begin woon het, is Jesus se boodskap op hul harte gegraveer.

Die Heilige Gees kan nou, sonder selfoontorings en slimfone, direk in ons harte en gedagtes praat. Môre begin ons om sy ongelooflike krag wat vir ons enige tyd en plek beskikbaar is, te bestudeer.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Who Is the Holy Spirit?

Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die Goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keuses te maak en dinge te doen wat jou lewe sal verander. Pak hierdie 6-dag reis aan om te verstaan wie Hy is en hoekom jy nie 'n Goddelike lewe sonder Hom kan leef nie.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church.