Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld
Soek allereers die koninkryk
As dit Christus se opdrag is om "eers die koninkryk van God te soek", behoort 'n gelukkige, godvresende huwelik dit tog te wys, nie waar nie? Ons opdrag is nie in die eerste plek om 'n intieme huwelik, 'n gelukkige lewe, gehoorsame kinders of enigiets anders te soek nie. Jesus vra dat ons slegs een ding soek: sy koninkryk en geregtigheid (dié twee woorde definieer en vul mekaar aan om sodoende 'n gemeenskaplike doel te dien). 'n Suksesvolle huwelik is nie net op die soeke na God se koninkryk gebaseer nie, maar is in baie gevalle 'n voorvereiste vir intimiteit nadat die verliefdheid oorgewaai het.
Sonder hierdie doel in sig is die lewe en die huwelik nie die moeite werd nie: “Ons streef vandag die volgende na: samewerking, samehorigheid, om soos 'n bergklimspan saam te werk op pad na die kruin van ons droom, en om mekaar aan die einde van elke dag te omhels. God het hierdie begeerte in elke getroude paartjie geplaas. Dit is meer as net 'n hunkering na kameraadskap. Dit is meer as 'n begeerte om 'n nuwe lewe te skep. Dit is 'n begeerte om iets betekenisvol saam te doen. Volgens die Woord van God is ons bymekaar gevoeg om 'n verskil te maak. As huweliksmaats het ons 'n gemeenskaplike roeping.”
Om die huwelik as 'n "gemeenskaplike roeping" te sien, kan baie huwelike nuut maak, veral wanneer 'n paartjie dink hulle pas nie by mekaar nie. My gevoel is dat baie paartjies net 'n gebrek aan 'n gemeenskaplike doel het. Die woorde van Jesus in Matteus 6:33 is veral van toepassing op huwelike. Wanneer ons ons lewens weggee, vind ons dit. Wanneer ons op iets buitekant ons huwelik fokus, versterk ons die verbintenis.
* Dien jou huwelik 'n doel? Hoe kan jy en jou maat as 'n paartjie meer doelgerig lewe?
Aangaande hierdie leesplan
In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe na ander te versprei.
More