Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 3 VAN 7

Wees lief vir die liefdelose

Jesus het gesê: “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees."

As jy met die vriendelikste, mees vrygewige, vroom en bedagsame lewensmaat op aarde getroud is, sal dit jou beloning wees. Daar sal nie vir jou 'n ekstra beloning in die hemel wees as jy 'n makliker huwelik as ander gehad het nie. Jy sal dus 'n hele paar aangename dekades beleef, terwyl iemand anders belonings vir die ewigheid opgaar.

As jou lewensmaat jou byvoorbeeld as vanselfsprekend aanneem, mag jy dalk nooit op hierdie aarde waardeer word nie, maar die dag sal aanbreek — Jesus belowe dit — wanneer jy jou hemelse skoonpa van aangesig tot aangesig sal sien en Hy vir jou sal sê: “Jy het sy seun (of dogter) so liefgehad, al weet Ek dat hy/sy nooit besef het hoe gelukkig hy/sy was om met jou getroud te wees nie. Kom Ek wys nou vir jou hoe Ek tot in ewigheid dié beloon wat in my Naam liefhet. Ontvang jou beloning, gaan my rus binne!”

Sien jy nou dat deur ons hoop op die ewigheid te vestig, dit ons denke verander oor wat hier en nou 'n goeie dag is? Ons sal geleenthede soek om lief te hê, te dien, oplettend te wees, om te bemoedig en te waardeer, in plaas daarvan om obsessief te wees of ons lewensmaat óns liefhet, dien, opmerk, bemoedig en waardeer. Dit is 'n aanmoediging vir die van julle wat as vanselfsprekend aanvaar word. Wees nou eerlik: sommige van julle is met dwase getroud. Ek wil nou nie ligsinnig wees nie, maar die Bybel vertel ons daar is dwase, nie waar nie? Dit wil vir my voorkom dat iémand met hulle moet trou. Miskien het jy een gekies. As jy uit 'n aardse oogpunt kyk, is dit 'n doellose lewe. Uit 'n ewigheidsoogpunt het jy egter die geleentheid om uit te sien na 'n uiters opwindende en vervulde gesprek by Christus se regterstoel.

* Hoe bemoedig hierdie oordenking jou om jou lewensmaat lief te hê selfs al is dit moeilik? Watter impak sal hierdie les hê op die manier waarop jy daagliks saam met hom/haar leef?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe na ander te versprei.

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/