Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige GebedeVoorbeeld

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

DAG 3 VAN 7

Die Rede Hoekom Ons Vra, Soek en Klop

God beantwoord gebede, maar die hoofdoel van gebedsvrae gaan nie oor antwoorde nie. Gebedsvrae gaan net soos enige ander vorm van gebed, oor jou verhouding met God. As jou doel dus is om antwoorde te kry, beweeg jy op gevaarlike terrein.

As gebed hoofsaaklik oor antwoorde gaan is ons verhouding met God net op resultate gefokus. Wanneer God nee sê of nie so gou werk soos ons wil hê nie, vra ons nog meer vrae en voel onbevoeg om te bid en selfs dat God ons nie meer liefhet nie. Jy kan verseker wees dat, soos jy groei in gebed, die Satan sál probeer om jou eerder op resultate te laat fokus en nie op jou verhouding met God nie.

Christus is baie bewus dat om vrae te vra as jy bid, aan 'n verhouding met Hom bou. In Matteus hoofstuk 7 daag Jesus sy volgelinge uit om groot dinge — so groot soos olifante — in gebed te vra. Hy het dadelik die fokus van die vrae wat gevra word na die vaderlike verhouding verskuif.

Jesus sê dat as ons vrae vra in gebed, stel ons onsself in 'n familiêre posisie waar ons in 'n verhouding kan staan met 'n liefdevolle hemelse Vader.

Wanneer God jou gebede op dramatiese wyse beantwoord, sal jy groei in die kennis van sy krag en omgee vir jou. Wanneer God volgens sy tydsberekening in plaas van joune werk, sal jy 'n beter begrip van sy volhoubare krag leer ken. Wanneer God "nee" sê en jou drome verbrokkel of iemand na aan jou sterf, sal jy Hom as 'n God van vertroosting leer ken wat saam met jou huil. As jy God as Vader wil leer ken, begin dan om die hemelse troon met vrae in jou gebede te peper.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag leesplan is 'n inleiding tot Bid vir Jou Olifante.

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/praying_for_your_elephant/