Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 4 VAN 10

Te Besig vir Jesus?

Lees Lukas 2:7

Een jaar toe ons kinders nog klein was, het my vrou gesê ek kan besluit waar ons gaan vakansie hou. Ek het besluit om hulle op 'n onbeplande vakansie te neem wat geheel en al spontaan sou plaasvind. My lewe as 'n leraar en leier, is elke dag haarfyn beplan. Om 'n vakansie te beplan klink nie vir my na pret nie!

'n Spontane vakansie vir 'n getroude paartjie met kinders is nie 'n goeie idee nie. Die eerste vyf aande het ons elke aand op 'n ander dorp geslaap en vier daarvan was in ons kar, omdat ons nie plek in 'n motel kon kry nie. Dis wat gebeur as jy nie beplan nie. My kinders hou nie van kampeer nie. Na die vyfde nag het ons besluit om vooruit te beplan.

Daardie vakansie het my gehelp om te verstaan wat die Bybel daardie eerste Kersfees in die verhaal van Josef en Maria bedoel met "daar was geen plek vir hulle in die herberg nie".

Die koms van die ewige God en beloofde Messias word al vir duisende jare verwag. Profesieë het voorspel dat die Redder van die wêreld sou kom. Sy geboorte is so belangrik, dit het geskiedenis verdeel in vC en nC. Jou verjaardag is in direkte verhouding met die verjaardag van Jesus.

Daar was egter geen plek vir die Seun van God toe Hy gebore is nie. Die herbergier het 'n gulde geleentheid gemis. As Jesus in een van sy kamers gebore is, kon die herbergier een van daardie groot flitsende advertensieborde opgesit het met die woorde: "Seun van God Hier Gebore!" Hy kon baie geld vir sy kamers gevra het! Hy het egter die grootste seën van sy lewe gemis omdat hy nie vir Jesus plek gehad het nie.

Ons moet egter nie die herbergier te veel veroordeel omdat hy nie plek gehad het nie. Ons doen dit ook maar gereeld.

Ons almal versuim om Hom die prioriteit in ons lewens te gee wat Hom toekom. Ons dagboeke is vol afsprake wat geensins vergelyk kan word met 'n afspraak saam met Jesus nie. Ons koop graag die nuutste toerusting en gee niks vir die werk van God nie. Ons wy baie tyd aan ons loopbane, maar sê dan dat ons nie tyd het om ander in die kerk of gemeenskap te help nie.

In jou voorbereiding van Kersfees hierdie jaar, vra jouself dié vraag: Het jy plek vir Jesus?
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom dit nie net die manier hoe jy feestye vier verander nie, maar ook verandering sal bring vir die res van jou lewe.

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.