Die Hoop van KersfeesVoorbeeld
Jesus se Kersfeeslysie
Lees Matteus 2:11 en Lukas 12:34
Vir langer as 50 jaar het my gesin al 'n tradisie om vir Jesus 'n verjaardagpartytjie te hou. Dit het begin toe ek drie jaar oud was en vir my ma gevra het: "Wat is Kersfees?" My ma het my vertel dat dit Jesus se verjaardag is. Met my 3-jarige logika het ek gesê: "Ons moet vir Hom 'n verjaardagpartytjie hou!" En ons het! Daar was 'n verjaardagkoek, koeldrank, liedjies, koekies en kerse.
Ons volg hierdie tradisie nou al vir vier geslagte lank. Die verjaardagpartytjie vir Jesus is 'n baie gewyde tyd, waartydens ons die Kersverhaal lees. Ons vertel ook vir mekaar waarvoor ons dankbaar is en wat ons vir Jesus gee. Dit is een van die onvergeetlikste oomblikke van die feesviering.
So dikwels is Jesus nie deel van Kersfees nie. Veronderstel ek beplan 'n partytjie vir jou en nooi 'n klomp mense. Almal bring baie geskenke en deel dit onder mekaar uit — en jy kry niks nie.
Dit is Kersfees. Ons gee geskenke aan almal, behalwe Jesus. Wees nou eerlik — wat gee jy aan die God wat alles het?
Eintlik het Jesus nie alles nie. Tensy ons dit Kersfees vir Hom gee, is daar vier dinge wat Hy nie het nie:
Gee hom jou vertroue — Geloof is 'n vrywillige saak. Jesus besit nie jou vertroue nie, behalwe as jy dit vir Hom gee. Hy sal jou nooit dwing nie.
Gee Jesus prioriteit in jou lewe — Enigiets of iemand wat prioriteit in jou lewe is, behalwe Jesus, is 'n afgod. Kies hierdie Kersfees om Jesus eerste te stel in jou finansies, belangstellings, verhoudings, daaglikse beplanning en selfs in jou moeilikhede.
Gee jou hart vir Jesus — Jou hart verwys na die dinge waarvoor jy lief is, wat vir jou waardevol is en waarvoor jy die meeste omgee. Jesus sê: "Waar jou skat is, daar sal jou hart wees." (Lukas 12:34 in Die Boodskap stel dit so: "Onthou, die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is.) Een manier waarop jy hierdie Kersfees jou hart vir Jesus kan gee, is om van jou hulpbronne vir sy werk te gee. Jesus het nie jou geld nodig nie, maar Hy wil graag dit hê wat geld verteenwoordig — jou hart.
Lei ander mense na Jesus toe — God begeer om hierdie Kersfees 'n gesin te hê. Hy wil kinders hê wat kies om vir Hom lief te wees en Hom te vertrou. Dit is die rede hoekom ons Kersfees vier. Nooi iemand dié Kersfees uit om na Jesus toe te kom. Vertel vir iemand wat Jesus in jou lewe gedoen het.
Die Bybel vertel vir ons dat die wyse manne daardie eerste Kersfees nie hulle tweede beste vir Jesus gegee het nie. Hulle het vir Hom drie baie betekenisvolle en waardevolle geskenke gegee: "Toe hulle Jesus sien, het hulle dadelik op hulle knieë neergeval. Uit respek het hulle laag op die grond voor Hom gebuig. Toe maak hulle hulle bagasie oop en haal ’n klompie geskenke uit wat hulle vir Hom saamgebring het: goud, wierook en mirre" (Matteus 2:11 DB).
Wanneer jy vir Jesus jou vertroue gee, Hom eerste in jou lewe plaas, dit wat vir jou waardevol is vir sy werk gee en ander mense na Hom toe lei, is jy eintlik besig om geskenke aan Hom te gee wat meer waardevol is as dié wat die wyse manne gebring het.
Jy moet hierdie Kersfees vir Jesus 'n geseënde verjaardag toewens. Gee jou beste vir Hom.

Aangaande hierdie leesplan
Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom dit nie net die manier hoe jy feestye vier verander nie, maar ook verandering sal bring vir die res van jou lewe.
More
Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.