Lewe Veranderd: Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Living Changed: Spiritual Warfare

DAG 5 VAN 5

Pantser Julself en Maak die Troepe Bymekaar

Ons het gesels oor hoe om ons Godgegewe wapens te gebruik. Elke vegter is bewus daarvan dat jy slegs gereed is vir die stryd wanneer jy jou volle wapenrusting aan het. In Efesiërs moedig Paulus ons aan om die volle wapenrusting van God aan te trek — nie net wanneer ons swak voel nie, maar elke dag. Voordat ons in die oggend opstaan, moet ons onsself deur gebed versterk. 

Die gordel van die waarheid herinner ons wie ons in Christus is. Die borsplaat van geregtigheid beskerm ons harte wanneer ons daarna streef om besluite te neem wat tot eer van God is. Die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig, is die skoene aan ons voete. Die skild van geloof help ons om op God te vertrou, ongeag ons omstandighede. Die helm van verlossing beskerm ons van al die Satan se afleidings en gee ons 'n gesonde verstand. Deur die Bybel te lees, help die swaard van die Gees ons om waarheid en lewe oor elke situasie te spreek. 

Elke deel van die wapenrusting is baie belangrik om ons teen die kwaad te beskerm, maar ons het nog iets nodig om ten volle toegerus te wees vir die geveg. Krygers pak nie die stryd alleen aan nie, want hulle besef dat hulle sáám sterker is. Net so is ons nie veronderstel om in 'n geestelike oorlogvoering betrokke te raak sonder 'n gemeenskap van gelowiges om ons nie. 

Wees toeganklik en laat ander toe om jou te leer ken, dan vorm dit 'n spesiale band. Hulle sal nie toelaat dat jy jouself afkraak, depressief tuis bly, of jouself as onwaardig beskou nie. Wanneer jy alle krag verloor het, sal hulle jou dra. Wanneer jy nie die woorde het nie, sal hulle die vyand teregwys en namens jou veg. Ons is bestem om saam te staan en saam te veg, so moenie jouself isoleer nie. Doen moeite om gemeenskap op te bou en op mekaar staat te maak, want die stryd is 'n werklikheid, en die vyand loop rond soos 'n brullende leeu op soek na iemand om te verslind.

Met God by ons hoef ons nie te vrees nie. In plaas daarvan, laat die oorlogvoering jou laat opvlam! Laat dit jou bewus maak van die krag van God en hoe Hy jou wil gebruik om dinge te doen. Sien die aanvalle as 'n bevestiging van God se doel vir jou lewe. Moenie verward of oorweldig wees nie. Wees gemotiveerd en bemoedig. Ons beroof die hel en stel gevangenes vry! Bly dus in die Woord. Fokus op jou gedagtes. Aanbid soos nog nooit tevore nie. Bid sonder ophou. Trek die wapenrusting van God aan. Raak in die gemeenskap betrokke. Julle is die uitverkorenes, maak julle slaggereed! Dit is tyd om te veg! Veg!! Veg!!!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Spiritual Warfare

As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com