Lewe Veranderd: Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Living Changed: Spiritual Warfare

DAG 1 VAN 5

Oorlogvoering is Aktief

Daar is 'n geestelike stryd wat elke dag van ons lewens om ons woed. Die Satan val ons voortdurend aan met leuens en probeer ons aandag aflei van God se planne vir ons. Hy wil nie hê ons moet die mense wees wat God ons geskep het om te wees deur ons roepings uit te leef of om standpunt in te neem ​​vir wat reg is nie. Hy weet hy wen die stryd deur ons af te kraak, sodat ons dink ons ​​is onbekwaam, onvoldoende, onaantreklik, onwaardig en ongewens. 

 

Ons is egter nie hulpeloos of hopeloos nie. God het aan ons die gesag gegee om daarteen weerstand te bied. Weerstand vir onsself en ook vir ons huweliksmaats, kinders, gesinne en vriende. In Jakobus 4:7b verseker God ons: "Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug". Alte dikwels dink ons ​​daaraan om weerstand te bied, maar ons bly passief. In hierdie gedeelte sê God dat ons moet optree. Hy roep ons om te veg. 

Dink daaroor na: as iemand jou van agter sou bekruip en aanval, sal jy nie stilbly en toelaat dat hulle jou seermaak nie. Jy sal terugveg deur te gil, te skop, te slaan en te skree — en álles moontlik doen om veilig weg te kom. Om 'n geestelike stryd te stry, is geensins anders nie. Jy moet álles in jou vermoë doen om die aanval te weerstaan.

God het aan ons verskeie wapens gegee om die vyand te beveg. Deur ons gedagtes gevange te neem, deur aanbidding, gebed en betrokkenheid by 'n Christelike gemeenskap — dit is alles wapens in ons arsenaal. Die beste wapen wat God aan ons gegee het, is die Bybel. Die Bybel is die Woord van God, en dit word in Efesiërs 6:17 beskryf as die "... swaard van die Gees..." Hoe meer vertroud ons met die Skrif raak, hoe skerper slyp ons die swaard vir die stryd. Ons kan die leuens van die vyand beveg deur God se waarheid en beloftes oor onsself, ons situasie en ons gesinne uit te spreek.

Die vyand weet as hy ons bang, hopeloos en afgesonderd kan hou, het hy die geleentheid van ons gesteel om meer mense vir Christus te wen. Die Satan is desperaat om ons te oortuig dat ons nie goed genoeg is om 'n verskil te kan maak nie, maar sy toekoms is reeds bepaal — hy het reeds verloor. 

Ruim nou 'n oomblik in om te erken dat jy in 'n geestelike stryd is en dat die ewigheid van jou geliefdes op die spel is. Laat dit jou vasberadenheid versterk en jou motiveer om te veg. Vertrou op die belofte van God dat Hy reeds die oorlog gewen het, en vra Hom om jou te wys hoe om te veg.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Spiritual Warfare

As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com