OorlogvoeringVoorbeeld

Warfare

DAG 5 VAN 5

Paulus sê in 2 Korintiërs 10:4 dat ons geestelike wapens Satan se vestings kan vernietig. Wapens soos gebed, Bybellees, gehoorsaamheid, Skrifoordenking, vas en diens, kan die duiwel se vestings laat ineenstort. Dit is dan wat ons moet doen. Hierdie vestings moet nie herontwerp word nie. God vra ons ook nie om dit gevange te neem nie, slotte te verander of vir Hom te gebruik nie. Satan se vestings moet heeltemal vernietig word. 

Ons moet ook elke hooghartige aanval (vers 5) afweer. Hulle sluit "redenasies" in, daardie rebelse gedagtes wat teen die kennis van God gerig word. 

Vriend, jy is nie verantwoordelik vir elke gedagte wat deur jou kop skiet nie. Dit is Satan wat daardie gedagtes in jou denke plaas. Dit is egter jou verantwoordelik wat jy met daardie gedagtes maak wanneer hulle eers daar is. Dit is ons werk om bose gedagtes te herken en weg te wys. Dis wat Paulus bedoel het met: "Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:5). Nou dit is oorlogstaal. Wanneer die vyand een van sy gedagtes vir ons stuur, moet ons daardie gedagte gryp en gevange hou. 

Ons kan dit doen deur vir onsself te sê: "Hierdie gedagte is nie soos God s'n nie. Dit is teen God en wat Hy in sy wil bekendgemaak het. Ongeag hoe goed of hoe gespanne die gedagte my laat voel—ongeag hoe graag ek daarop wil reageer of my daaroor wil bekommer—dit is 'n gedagte wat uit die hel deur die vyand gestuur is. Met behulp van Christus se outoriteit gaan ek dit gevange hou en wegwys." 

Wanneer ons dit daagliks suksesvol kan doen, gaan ons begin om ernstige geestelike gevegte te wen. Wie ook al die denke beheer, beheer die oorlog. Wanneer jy daardie dwalende gedagtes gevange neem, verloor Satan sy beheer oor jou. 

Nie alle angstigheid waarmee mense worstel, het 'n suiwer geestelike oorsaak nie, in sommige gevalle is dit weens 'n chemiese wanbalans in die liggaam of gesetel in trauma uit die verlede wat hierdie reaksies veroorsaak. Nietemin, hierdie benadering om angstige gedagtes te oorkom, kan dit help verminder. Dit mag dalk nie heeltemal verwyder word as 'n persoon worstel met fisies-gebaseerde simptome nie, maar dit verskaf 'n manier om dit te bestuur. Om dit reg te kry, moet jy elke gedagte in Christus gevange neem. 

Geen weermag kan bekostig dat vyandelike magte vry agter sy linies rondhardloop om verwoesting te saai, en wapens en verdediging te saboteer nie. 

Jy mag dalk dink: Tony, dit klink darem te maklik. As jy egter reeds lank 'n geestelike krygsgevangene was, mag jy dalk dink dat Satan se vestings te moeilik is om te verower. Jy mag dalk dink die geveg is hopeloos, die probleme te groot. Dit is egter die rede hoekom ons soveel probleme het. Ons maak die Christelike lewe baie moeiliker as wat God dit maak. Ja, daar is ingewikkelde probleme. Ek wil dit nie gering ag nie. Baie van die probleme wat ons egter in die gesig staar, is nie so moeilik as wat ons dit maak nie, omdat ons dit met 'n nederlaag-gesindheid benader. 

Wat is die verskil tussen iemand vir wie God binne 24 uur vrymaak en iemand vir wie dit 24 jaar neem? Ek glo, in die meeste gevalle, lê die verskil in die denke. Wanneer ons denkwyse verander, verander ons aksies. Dan word die vestings afgebreek. 

Hier is 'n voorbeeld hoe dit werk. Josua het met Israel se weermag by die stad Jerigo aangekom. Dit was omring deur 'n hoë muur (Josua 6). Dit het ondeurdringbaar voorgekom. Dit was 'n vesting. God het vir Israel beveel om vir ses dae om die stad te marsjeer en op die sewende dag, sewe keer daarom te marsjeer. Dan moes die priesters op hul trompette blaas, die mense hard skree en die muur sou omval. 

Stel jou voor dat Josua sê: "Verskoon my, Here, maar dit is 'n oorlog. Hierdie mense is die vyand en hulle is baie sterk. Sal U asseblief vir my my militêre opdragte gee?"

Dit is natuurlik nie wat Josua gedoen het nie. Hy het God gehoorsaam en toe die priesters op hul trompette blaas en die mense begin skree, het die muur onmiddellik omgeval. Die muur het geval omdat die mense dit op God se manier afgebreek het. As hulle menslike metodes gebruik het, sou hulle 'n nederlaag gely het.

Dit is die vraag wat ons altyd in die gesig staar: Gaan ons menslike of Goddelike metodes gebruik? Dit sal ons baie tyd en hartseer spaar as ons God se metodes gebruik. Vertrou op God vir jou gevegsplanne, wees aan sy woord gehoorsaam, neem jou gedagtes onder sy gesag gevange—dan sal jy oorwinning na oorwinning in geestelike oorlogvoering behaal. 

Was hierdie leesplan nuttig? Ons wil jou help om jou geestelike spiere te ontwikkel met hierdie aflaaipreek van Tony Evans.  Klik op hierdie skakel. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Warfare

In geestelike oorlogvoering veg jy nie vir die oorwinning nie — jy veg vanaf oorwinning. Verkry nuttige insigte oor die geestelike stryd waarmee ons almal gekonfronteer word: Oorlogvoering. Hierdie insiggewende leesplan is deur die teoloog en pastoor, Tony Evans, ontwikkel. 

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Warfare-Winning-Spiritual-Tony-Evans/dp/0802418171/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1531756625&sr=8-1&keywords=warfare+Tony+evans