21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld
Een van James River Church se kampusse is op 'n gedeelte van 'n eiendom wat sedert die Burgeroorlog in die besit was van dieselfde gesin. Ons het gekyk na land rondom die stad en het geweet dat hierdie grond uniek geleë was om in ons groeiende kerkfamilie se behoeftes te voorsien. Ons was nie die enigstes wat die eiendom se potensiaal raakgesien het nie — vername kleinhandel kettingwinkels was ook geïnteresseerd maar die gesin was nie geïnteresseerd daarin om te verkoop nie.
Wat doen jy wanneer jy al jou opsies uitgeput het, wanneer jy glo dat jy God se wil ken, maar jy kan nie sien hoe in die wêreld dit gaan gebeur nie? Jy vas. Ons het die kerk gevra om drie dae te vas. Ons het geweet dat ons God se hulp nodig het om in ons behoefte te voorsien. Binne tien dae vandat die kerk begin bid het, het die wonderwerk gebeur: die gesin wat die eiendom besit het, het 'n aanbod aan die kerk gemaak om die eiendom te verkoop aan die kerk en niemand anders nie. Wanneer God se mense vas en bid gebeur die bonatuurlike!
Waarvoor het jy God nodig deur die 21 Dae van Vas en Gebed? Waarvoor bid jy? Neem tyd om die behoeftes neer te skryf. Kyk daagliks na dit wanneer jy bid. Wanneer hongerpyne knaag of die drang na koffie kom, lees jou lys en herinner jouself dat vas jou doel is. Deur jou vas sal God antwoord!
Aangaande hierdie leesplan
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!
More