Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5Voorbeeld
Hoe die Ou Tabernakel Gefunksioneer Het
Gedagtes oor die Woord
Hierdie beskrywing van die tabernakel (die tent was die plek van God se teenwoordigheid voordat die tempel gebou is) toon twee dinge.
Eerstens, niemand kon vrylik toegang tot God se teenwoordigheid kry nie. God het nie die mens in sy teenwoordigheid toegelaat nie.
Tweedens, dit maak nie saak wat ons gedoen het nie (geskenke, offerandes, opofferings), ons kon ons nie self regmaak om in sy teenwoordigheid te kom nie. Al die pogings wat aangewend is om in God se teenwoordigheid te kom, kon nooit ons gewete skoonmaak nie. Al die offerandes en reiniging — niks daarvan het ons aanvaarbaar gemaak om in sy teenwoordigheid te kom nie. Alles was net 'n buffer totdat Jesus gekom het.
Ons dink omdat óns nou enige tyd in God se teenwoordigheid kan kom, hulle dit ook vroeër kon doen. Dit is nie so nie. Ons is so bevoorreg — en ons gebruik nie hierdie voordeel nie!
Ons kan enige tyd in God se teenwoordigheid kom — en ons doen dit nie. Kom ons doen dit!
Gebed
Vader, dit is so maklik om enige tyd na U te kom, en U verwelkom my enige tyd in u teenwoordigheid, maar ek vergeet hoe ontsagwekkend dit is. Ek is jammer. Help my om gereeld na U te kom, net om "dankie" te sê of om u Naam te vereer. Vergewe my as ek te besig raak. Hoe kan ek te besig wees om in die teenwoordigheid van my Skepper en Verlosser te kom? Tog is ek.
Openbaar vandag aan my hoe naby u teenwoordigheid is. Laat ek vandag gereeld na U uitreik, met behoeftes en probleme — ja, maar ek wil meer doen as om na U uit te reik. Ek is lief daarvoor om in u teenwoordigheid te wees. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons lees in die Woord van God dat sonder die vergieting van bloed, daar geen vergifnis kan wees nie. Gehoorsaamheid is beter as opoffering. Die openbaring van hierdie woorde speel af toe Jesus se gehoorsaamheid gelei het tot die vergieting van sy bloed en die uiteindelike opoffering gemaak is — vir ons! Hierdie is leesplan vyf van nege van die boek Hebreërs waar ons sien dat, alhoewel verlossing vir ons gratis is, daar 'n groot prys was wat Jesus betaal het.
More