Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5Voorbeeld
Beter Tabernakel — Beter Beloftes
Gedagtes oor die Woord
Op hierdie aarde het die tabernakel genoeg priesters om die werk te doen! Daar is baie priesters beskikbaar en hulle doen al die werk wat nodig is. Daar is egter 'n probleem; hulle doen die werk in 'n tabernakel wat net 'n beeld is van die ware een in die hemel. Dit is soos klein kindertjies wat 'n papiervliegtuig bou en maak of dit 'n regte vliegtuig is. Dit is net 'n voorstelling van die werklikheid. Daarom is die werk en die bediening van die menslike priesters van baie beperkte waarde en betekenis.
Jesus kon onmoontlik effektief as 'n priester in hierdie skadu-tabernakel werk! Jesus is die Hoëpriester in die hemelse tabernakel. Sy bediening, sy offergawes en sy voorbidding word gedoen in die hemelse tabernakel. Dit is waar die ware bediening plaasvind. In die hemelse tabernakel vind effektiewe bediening plaas, doeltreffende offerande word gebring en kragtige beloftes van God word beantwoord — Hy vergewe ons volkome.
Die hemelse tabernakel word vergesel van ander, ewe kragtige items. Daar is 'n Hoëpriester —Jesus. Daar is groter beloftes — een offer bedek al ons sondes. Vergifnis is ewig. Nie net vergewe God ons nie, maar Hy verander ook ons harte. Hierdie beloftes is vandag vir ons almal beskikbaar, en seën wat nie vir die Israelitiese volk beskikbaar was nie, word oor ons uitgestort. Gryp vas aan hierdie groter beloftes.
Gebed
Vader, as ons na die ou tabernakel kyk, was dit 'n pragtige plek en dit het kragtige seëninge vrygestel. Tog het daardie gebou net gelýk soos die regte tabernakel in die hemel. Die hemelse een bied groter seën omdat dit die ware tabernakel is. Help my vandag om nie toe te laat dat die beeld van tydelike dinge die plek van die werklike inneem nie. Dit kan aanvaarding van menslike vreugde tot gevolg hê in plaas daarvan om die vreugde van die Gees te ontvang. Ons kan dalk vertrou op seëninge uit hierdie wêreld om aan ons hartsbegeerte te voldoen eerder as om na hemelse seëninge te verlang. Daar is soveel maniere om vir die tydelike te skik — die beeld van werklikheid, eerder as oorspronklike. Dit word in Jesus gevind. Dit word in die Heilige Gees gevind. Dit kan nêrens anders gevind word nie. Gee my 'n hart om dit na te streef. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons lees in die Woord van God dat sonder die vergieting van bloed, daar geen vergifnis kan wees nie. Gehoorsaamheid is beter as opoffering. Die openbaring van hierdie woorde speel af toe Jesus se gehoorsaamheid gelei het tot die vergieting van sy bloed en die uiteindelike opoffering gemaak is — vir ons! Hierdie is leesplan vyf van nege van die boek Hebreërs waar ons sien dat, alhoewel verlossing vir ons gratis is, daar 'n groot prys was wat Jesus betaal het.
More