Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 40 VAN 41

Lees: Romeine 12:2; Filippense 4:8

SOAP: Filippense 4:8

Om leuens te bekamp, ​​moet ons ons gedagtes rig op wat waar is. Dikwels wil ons oor die ergste scenario dink of ons gedagtes toelaat om oor die dinge van hierdie wêreld te tob. Die Skrif beveel ons om "die dinge daarbo te bedink." As gelowiges moet ons ons gedagtes voortdurend hernu en die dinge van God bedink, nie die dinge van hierdie wêreld nie.

Wat is die dinge van die Hemel eerder as die dinge van die aarde? Volgens Filippense 4:8 moedig Paulus gelowiges aan om te dink oor enigiets wat die liggaam van Christus sal opbou. Dit sluit in dinge wat eerbaar, regverdig, suiwer, pragtig, prysenswaardig of lofwaardig is.

Die boodskappe wat ons van die televisie, radio en die internet ontvang, kan hierdie Skrif dikwels weerspreek. Daarom moet ons voornemens wees om ons gedagtes doelbewus te beskerm teen die leuens van die wêreld en van die misleiding van die vyand.

Hoe kan jy meer doelgerig wees in jou gedagtes aan die hemelse dinge? Probeer dink aan drie strategieë wat jy in jou daaglikse roetine kan implementeer.

Hemelse Vader, dankie dat U my so lief het dat U genoeg vir my omgee om my te leer om my gedagtes teen hierdie wêreld te bewaak. Ek bid dat U my sal herinner daaraan om te dink aan wat goed, eerbaar en prysenswaardig is. Hou my verstand weg van leuens. Berei my gedagtes voor vir aksie. Help my om soos Christus te dink. 

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid. 

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com