Waarheid OorwinVoorbeeld
Lees: Johannes 8:31-32; Johannes 17:17
SOAP: Johannes 8:31-32
Om valse valuta uit te ken, bestudeer federale agente die ware banknote eerder as die vervalsdes. Hierdie praktyk maak enige afwykings in kopieë meer waarneembaar. As ons sterk wil staan teen bedrog, moet ons leer om in die Waarheid te wandel.
Jesus het sy dissipels in Johannes 8:31-32 herinner daaraan dat as hulle Sy woord gehoorsaam, hulle sy dissipels is. Die enigste manier om Jesus se Woord te gehoorsaam, is om te weet wat dit is. Die enigste manier waarop ons die Waarheid sal ken, is deur God se Woord te ken. Hoe meer ons die Bybel bestudeer, hoe makliker sal ons weet wanneer iemand iets sê wat in stryd is met die Skrif.
Om die Skrif te bestudeer, neem tyd en dissipline. Om in die Waarheid te wandel is nie maklik nie. Die wêreld moedig nie gelowiges aan om Jesus se leer te gehoorsaam nie. Maar die voordeel van die kennis van Jesus se Woord, die Waarheid van ons lewens, weeg by verre meer as wat dit ons kos.
Watter gewoontes kan jy in plek stel om jou te help om in die Waarheid te wandel?
Hemelse Vader, dankie vir die krag van u Woord wat my lei in alle waarheid. Ek bid dat U my sal help om u Woord in my hart te bêre, sodat ek nie teen U sal sondig nie. Dankie vir u Seun, wat die Waarheid na die wêreld gebring het. Ek bid dat U my sal help om in Hom te bly.
In Jesus se naam,
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons baie van die algemene leuens wat ons neig om te glo, ontbloot en met die hulp van die Skrif, elke leuen beveg met God se Waarheid.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com