Fondamentstene van Verlossing - Jesus Is Groter Reeks #3Voorbeeld
![Foundational Stones Of Salvation - Jesus Is Greater Series #3](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12006%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Fondamentsteen 1: Berou oor Dooie Werke
Gedagtes oor die Woord
Wanneer ek of jy God se bevele verontagsaam, moet ons berou toon. Berou word as volg gedefinieer:
Draai om.
Wend jou tot God.
Moenie terugdraai nie.
Dit is 'n eenvoudige oefening, maar moeilik om te doen. Dit is 'n verbintenis om ons mislukkings te erken en ons te wend tot God wat ons kan vergewe. Ons het God se krag nodig om aan te hou doen wat reg is — ons moet God daarvoor vra. Ons het dalk hulp van mekaar nodig om daardeur te kom. Vra om hulp — moenie dat skaamte of vrees jou keer nie.
Wat is dooie werke? Enigiets wat nie lewe vrystel in ons of in die mense saam met wie ons werk of leef nie. Dit is dinge wat ons in ons eie krag doen — en nie in die krag van die Gees nie.
Dit is dinge wat ons doen wat nie voldoen aan God se standaarde nie — ons voel egter God moet dit aanvaar, (maar Hy aanvaar dit nie). Dit is dinge wat ons doen wanneer ons ons eie insigte volg — en nie die Woord van God nie.
Beoefen berou. Weet dit. Wees in staat om dit aan ander te leer.
Gebed
Vader, hierdie steen is een wat ons elke dag moet aanraak. Ons kom voor die lewe te staan en ons faal so dikwels. Steeds help U ons opstaan, U vergewe en versterk ons om aan te hou doen wat reg is. Help ons om die dinge te laat vaar wat dood aan ons verhoudinge, hoop en drome bring, sodat ons vreugde in u teenwoordigheid kan hê. Help ons om styf vas te hou aan dinge wat lewe voortbring. Help ons om dit elke dag te doen — al voel ons nie daarvoor lus nie. Help ons deur u Gees om elke dag so te leef. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Foundational Stones Of Salvation - Jesus Is Greater Series #3](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12006%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die stewigheid van 'n gebou lê in sy fondament. Die hoofdoel van die fondament is om die struktuur daarop in posisie en regop te hou. Hierdie definisie van die doel van die fondament is selfs meer van toepassing op ons geestelike lewens. In Deel Drie van ons reeks van nege leesplanne oor Hebreërs, sien ons hoe belangrik dit is om 'n stewige geestelike fondament te hê.
More
Verwante Leesplanne
![Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter Reeks](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12057%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter Reeks
![Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12155%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5
![Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12253%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7
![Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12195%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6
![Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12452%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9
![Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12329%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)