Die teenmiddel vir eensaamheid Voorbeeld

The Antidote To Loneliness

DAG 1 VAN 3

“Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe” (Kolossense 2:6).

Die Bybel vergelyk die lewe dikwels met 'n pad wat ons loop, want die lewe is 'n reis. Ons sit nie stil nie. Dwarsdeur die Nuwe Testament word ons aangesê om in wysheid, liefde, lig en gehoorsaamheid te wandel. Ons word aangesê om soos Jesus te wandel. Ons word ook aangesê om die lewenspad saam met ander mense te stap. Hier is drie redes daarvoor:

· Dis veiliger. Het jy al ooit in die aand alleen deur 'n donker stegie of in 'n eensame plaaspad gestap? Dit is 'n bietjie angswekkend. As daar 'n ander persoon by jou is, voel jy veiliger.

· Dit is 'n ondersteuning. Die lewe is nie 'n 50 meter resies nie. Dit is 'n marathon! Om saam met ander mense te stap gee jou die energie om tot die einde toe aan te hou.

· Dit is slimmer. Jy leer meer deur saam met ander te stap as wanneer jy alleen stap. As jy alleen in die verkeerde rigting stap, sal jy dit dalk nooit besef nie. As jy 'n vriend by jou het, sal een van julle waarskynlik besef dat julle van die pad afgewyk het en die regte rigting moet vind.

Ons leer 'n paar belangrike lesse wanneer ons die lewenspad saam met ander mense stap. Ons leer hoe om oor die weg te kom en met ander saam te werk.

Ons leer ook hoe om lief te hê. Genesis 2:18 sê vir ons: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.” God haat eensaamheid, en gemeenskap is God se oplossing vir eensaamheid. Wanneer ons die lewenspad saam met ander mense stap, vind ons 'n gemeenskap waar ons leer hoe om lief te hê.

Ons leer ook om gasvryheid te beoefen wanneer ons die lewenspad saam met ander mense stap. Die Bybel sê in 1 Petrus 4:9: “Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.” Wat is jou verskoning om nie jou huis vir vriende oop te maak nie?

Miskien sê jy: "My huis is vuil!"

Wel, maak dit skoon!

Of dalk is jou verskoning: "My huis is nie groot genoeg nie."

Het jy plek vir drie mense? Jesus sê: “want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle" (Matteus 18:20).

Almal het 'n behoefte om te behoort, want God het ons vir verhoudinge gemaak. Wanneer ons 'n pad saam met ander Christene in die gemeenskap stap, kom ons agter dat daardie behoefte bevredig word.

Gesels daaroor:

1. Hoe is jou lewe verryk deur die mense wat getrou die lewenspad saam jou geloop het of nou saam met jou loop?

2. Watter verskonings het jy gebruik om gasvryheid te vermy? Hoe kan jy jou perspektief en houding verander?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Antidote To Loneliness

Ons leer 'n paar belangrike lesse wanneer ons 'n pad saam met ander mense stap. Ons leer hoe om oor die weg te kom en met ander saam te werk. Almal het 'n behoefte om te behoort, want God het ons vir verhoudinge gemaak. Wanneer ons 'n pad saam met ander Christene in die gemeenskap stap, kom ons agter dat daardie behoefte bevredig word.

More

Ons wil graag vir Rick Warren/Daily Hope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://PastorRick.com