Hoe om seks vir die huwelik te hou.Voorbeeld
'n Paar goeie redes om te sê: “Wag!”
As jy twyfel oor die voordele om seks vir die huwelik te bewaar, gun ons dan 'n geleentheid om kortliks 'n paar bevindings op te som. Het jy geweet dat 'n onlangse opname bepaal het dat die hoogste mate van seksuele bevrediging aan die huwelik en tradisionele seksuele waardes gekoppel is?
Dit beteken dat mense wat geneig is om te erken dat hulle die mees bevredigende sekslewe het, nie enkellopendes is wat vrylik van een seksuele verhouding na die ander beweeg nie, maar getroude paartjies wat sterk daarin glo dat seks buite die huwelik verkeerd is. In werklikheid is tradisionaliste 'n verstommende 31 persentasiepunt hoër op die ranglys van seksuele bevrediging as enkellopendes wat nie 'n beswaar het om seks voor die huwelik te hê nie. Al hoe meer navorsing bevind dat seksuele bevrediging aan huweliksharmonie, getrouheid en bestendigheid gekoppel kan word.
Hierdie navorsers het nie net bevind dat seks beter is binne die huwelik nie, maar dat dit beter is om slegs een seksmaat in 'n leeftyd te hê.
Navorsers sê: “Fisieke en emosionele bevrediging begin afneem as mense meer as een seksmaat gehad het." 'n Studie deur die Universiteit van Suid-Carolina, het aan die lig gebring dat mense wat voorhuwelikse seks gehad het, meer geneig is om buite-egtelike seks te hê nadat hulle getroud is. David Larson, 'n senior navorser aan die Nasionale Instituut van Gesondheid in Amerika, het in 'n resensie van bestaande navorsing, dit as volg opgesom: “Paartjies wat nie voor die huwelik in 'n verhouding was nie en wat in die huwelik getrou is, is gelukkiger en tevrede met hulle sekslewe en huwelike as paartjies wat voor die huwelik seksueel aktief was.”
Het jy geweet dat navorsing aan die Washingtonse Staatsuniversiteit bevind het dat
“Paartjies wat saambly, se verhoudinge minder gesond is as getroude paartjies s'n?" Navorsers by die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles het verduidelik dat paartjies wat saambly beduidend meer probleme met egbreuk in hul huwelike [en toekomstige huwelike] het as paartjies wat getroud is. Om die waarheid te sê, is paartjies wat voor die huwelik saambly, vyftig persent meer geneig om te skei as paartjies wat nie saamgebly het nie.
Navorsing bewys duidelik dat onthouding voor die huwelik 'n positiewe effek op paartjies het. Lank voordat navorsing en statistiek praktiese redes kon gee hoekom dit beter is om nie seks voor die huwelik te hê nie, het die Bybel se wysheid ons probeer waarsku en weglei van die emosionele gevolge om seks voor die huwelik te hê. (1 Korintiërs 7:1-2, 1 Tessalonisense 4:3-7, Hebreërs 13:4, Matteus 15:18-20, Efesiërs 5:3,1 Korintiërs 6:9).
Die Bybel sê nie dat voorhuwelikse seks verkeerd is nét om ons selfdissipline te toets nie. Ons beskou dikwels God se beginsels as 'n lys van reëls om ons vasbeslotenheid te toets. Die Bybel sê egter omgang voor die huwelik is verkeerd, net vir ons eie beskerming, want voortydige seks gaan ons sekerlik seermaak. Vra enigeen wat 'n verhouding verbreek het met iemand met wie hulle geslaap het. Daar is drie redes: Navorsing, God se liefdesmandaat en die moontlikheid van persoonlike pyn. Elkeen van hierdie redes behoort genoeg te wees sodat jy net sal sê: "Wag".
Is jy bekommerd daaroor om te wag? God is nie. Hy gee erkenning daaraan hoe moeilik dit is om teen die versoeking te baklei en wil vir jou 'n uitweg gee.
Onthou dat God nie van jou verwag om aan Hom getrou te wees, voordat Hy nie eers aan jou getrou is nie!
“God is getrou. Hy sal nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”.
1 Korintiërs 10:13 (my beklemtoning)
Vra jou getroue God om jou te help om jouself getrou vir die huwelik te bewaar. Dit is bewys dat sy beste die wag werd is.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ons seksualiteit as menslike wesens en ons kan nie skielik geslagloos word nie. As gevolg daarvan, glo ons in seksualiteit voor die huwelik. Ons volg hierdie stelling egter onmiddellik op deur te sê dat die seksdaad voor die huwelik teen God se beginsels is.
More