Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAG 3 VAN 5

Moenie verlore raak in jou huidige hoofstuk nie  

So uniek soos jou DNS, jou iris of jou duimafdruk, so uniek is jou lewensverhaal. Mense kan baie dinge van jou wegneem, maar hulle sal nooit jou storie kan neem nie. Party mense gebruik hul storie ten goede. Ander strompel deur hul lewensverhaal en wens dit was anders. Baie mense ontken hul storie, omdat hulle skaam of verleë is daaroor. Mense wat bemagtig is, gebruik weer hul storie om die volgende hoofstuk van hul lewe te vorm, te beïnvloed en te skep.

Jou storie is die basis waarop jy die lewe moet bou wat jy wil hê. Die blokke word saamgevoeg deur ’n sterk sement: keuses. Dit wat jy vandag kies, sal jy môre moet leef. Ons wen of verloor werklik deur ons keuses. Jy het die mag om die verloop van jou storie te beïnvloed (sien Psalm 37:5). Jou omstandighede het jou lank genoeg gevorm. 

Nou is dit tyd dat jy jou omstandighede vorm, want jou toekoms is per slot van rekening nie net iets waarheen jy op pad is nie – jou toekoms is die plek wat jy die voorreg het om te skep. Stories is so oud soos tyd self. Hulle skep wêrelde van verbeelding, fabels, fantasie en vreugde. Maar daar is een storie wat die mag het om jou wêreld vir altyd te verander, en dit is jou eie storie.

Die lewe is ’n leerproses, en hoe gouer ons hierdie vraag vra: “Wat kan ek hieruit leer?” hoe makliker sal die proses word. Hoe meer jy ’n gewillige deelnemer word in die skepping van jou storie, hoe beter sal jy verandering aanvaar en agterkom hoe jou storie op wonderlike maniere ontvou.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat gedagtes oor ’n spesifieke tema (soos om jou identiteit in Christus te vind, om te glo dat jy uniek is en om jou houding te kies) en word afgesluit met ’n Skrifgedeelte. Die inhoud van hierdie leesplan is saamgestel uit Angelique du Toit se “Waarvoor wag jy dan?”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/waarvoor-wag-jy-dan-sagteband