Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 7 VAN 7

Aan die begin van hierdie leesplan, het ons besef die tref van vergelykings spruit uit 'n tekort. 'n Tekort aan begrip wie God is, en wie ons is, te danke aan Hom. 

Ek is oortuig ons onvermoë om daagliks met Hom in verbintenis te bly, is omdat ons nie 'n volle begrip van sy ware geaardheid het nie. Hy is nie 'n kwaai, pretbederwer wat ons uit die hemel dophou en wag dat ons moet verbrou nie. Hy steek nie goed vir ons weg nie. Hy veroordeel ons nie, kritiseer ons nie, en koester geen negatiewe emosie teenoor ons nie. Hy is 'n intens persoonlike, liefdevolle God wat so naby aan ons is soos ons eie hartklop.

Hy is volmaak. By Hom is daar geen tekort nie. Jesus se opoffering vir ons aan die kruis, laat ons toe dat die Gees van God in ons woon. Daarom skiet ons ook in niks tekort nie.

Wanneer dit by vergelykings kom, moet ons eenvoudig onthou: "ons is elkeen 'n uitdrukking van God se geaardheid — 'n faset van sy wese waarvan Hy wil hê die wêreld moet weet." 

Weet jy watter faset die Here deur jou openbaar?

Is jy: 

Ordelik, deernisvol, verantwoordelik, kreatief, 'n vrye gees, gedissiplineerd, vriendelik, snaaks, slim, kwaai, stil, 'n goeie luisteraar, versorgend, kompeterend, rustig, intens … Hy het 'n faset van Homself in jou geplaas. God beskik oor soveel fasette! Hy het 'n hele mensdom nodig gehad om uitdrukking te gee aan Wie Hy vir ons is!

Die wete wie jy is en die unieke eienskappe wat Hy aan jou geskenk het, sal jou die selfvertroue gee om reg op te tree wanneer jy in die versoeking is om vergelykings te tref. Vra jouself af: "Wat wys hierdie persoon my van God?" 

As jy kyk na wat die persoon op sosiale media deel, vra dan: "Watter faset van God kan ek in hierdie persoon sien?" 

In jou interaksie met ander: "Wat openbaar God aan my deur hierdie interaksie?" 

Wanneer die talente en sukses van ander jou bedreig laat voel: "Hoe kan ek vier wat God in hierdie persoon se lewe doen?" 

Wanneer jou eie identiteit tot so 'n mate gegroei het en jy selfvertroue het as die mens wat God jou geskep het om te wees,  sal jy nie slegs positiewe gedagtes kan dink nie, maar dit ook hardop kan sê. Jy sal in staat wees om ander met 'n opregte hart te komplimenteer en op te bou, in plaas daarvan om hulle — of jouself — af te breek deur vergelykings te tref. Wat 'n lewegewende mens sal jy vir ander word! 

Namate jy jouself as 'n waardevolle faset van God se geaardheid beskou,  sal jy ander ook op dieselfde wyse begin sien en uiteindelik die valstrik oorkom om vergelykings te tref. 

Here, help my om myself te sien soos U my sien. Maak my oë oop sodat ek U in elke mens sien met wie ek in aanraking kom, sodat ek deur my interaksies, aan U eer kan bring. Ek bid dat U my waarde en die unieke fasette van u geaardheid, wat U in my geplaas het sal wys, sodat ek vry kan wees om die unieke fasette wat U in ander geplaas het, ook kan vier. Ek sal nie langer vergelykings tref nie. Ek herhaal, ek sal nie langer myself met ander vergelyk nie, maar my deel doen om die liggaam van Christus te vier sodat dit opgebou en versterk kan word. In die almagtige Naam van Jesus, amen!

Ek hoop jy het hierdie leesplan geniet. Vir verdere hulpbronne om los te breek van dinge wat jou terughou, besoek Anna by www.livelaughlight.com

Maak kontak met Anna op Instagram:@annalight09

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het. 

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com