Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 6 VAN 7

Wat van die dinge wat jy nie kan verander nie? 

Ons kan nie die hart van 'n ander verander nie. Ons kan nie die verlede verander nie. Ons mag dalk nie ons omstandighede kan beheer of verander nie. Glo jy egter dat God in sy Goddelike begrip, vir jou in hierdie lewe geplaas het met al jou probleme, verhoudinge en stand vir 'n spesifieke rede? Kan dit wees dat Hy al hierdie dinge wat buite beheer is, juis gebruik om ons te leer om sy volmaakte plan vir ons lewens volkome te vertrou? God vermors niks nie. Hy sal nie 'n verharde hart tot niet laat gaan nie, ook nie moeilike omstandighede of dinge buite ons beheer nie. Wat wys Hy jou dalk deur die dinge in jou lewe waarvan jy nie hou nie en ook nie kan verander nie? 

Nog 'n vraag om jouself af te vra: "verduur ons die dinge wat ons nie kan verander nie, of gryp ons dit aan?"  

Daar is 'n groot verskil tussen verduur en aangryp en die verskil lê in ons gesindhede. Om te verduur beteken ons doen net die nodigste, terwyl aangryp ons verhef van oorlewing tot om te floreer, selfs te midde van ons swaarkry.

Wanneer ons kies om aan te gryp eerder as om te verduur, mag niks dalk in ons omstandighede verander nie, want die verandering vind in ons harte plaas. Hy kan daardie onbeweeglike omstandighede gebruik om jou hart, wat andersins nie sou verander het nie, sag te maak.

Psalm 37:4 (AFR53) kan ons help om hierdie begrip 'n bietjie beter te verstaan: "en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart." Terwyl ek grootgeword het, het ek altyd gedink dit beteken as jy alles reg doen, sal jy kry wat jy wil hê … eers later het ek die ware betekenis van "verlustig" besef. Die Hebreeuse vertaling van verlustig beteken om delikaat te wees. Dit gee die indruk van buigbaar en sag te wees. Wanneer God dus sê ons moet ons in Hom verlustig, sê Hy eintlik: "Kom ek vorm en fatsoeneer jou begeertes. Namate jy jou in My verlustig, sal jou begeertes Myne word. Wat ek wil hê, sal jy dus ook wil hê."

Vra Hy jou om aan te gryp wat Hy jou gegee het sodat die dinge wat nie verander kan word nie, juis die dinge word wat jou verander?

Here, daar is dinge in my lewe waarvan ek nie hou nie, maar ek het nie die krag om dit te verander nie. Wys my wat ek kan doen om my gesindheid en ingesteldheid te verander. Ek wil 'n hart van vlees hê wat deur u liefdevolle hand gevorm en gefatsoeneer word. Help my om U te vertrou, selfs wanneer ek nie verstaan waardeur ek gaan nie. Ek plaas hierdie moeilike en onveranderlike situasie in u hande en vra net dat u wil sal geskied. 

Oorweeg om die Skrifgedeeltes in die weergawe van Die Boodskap te lees.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het. 

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com