Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 7 VAN 7

Elifas is die eerste van Job se vriende wat met hom kom praat. Hy het sy vriend se pyn gesien en sy frustrasies gehoor. Nou probeer hy om sy vriend te troos. Sy bedoeling is dalk opreg, maar sy woordkeuses begin die gesprek op 'n wankelrige pad.

Elifas verklaar dat onskuldiges nie ten gronde gaan nie Job 4:7. God ondersteun regverdige mense. Hy beskerm en seën hulle omdat hulle die reëls nakom wat Hy op aarde neergelê het. Tog, is niemand so regverdig soos God nie – nie eens die beste mens op aarde nie, en beslis nie Job nie.

Elifas redeneer verder dat aangesien niemand so goed soos God is nie, almal dus op 'n stadium tereggewys moet word. God reinig sy volk deur dissipline en alhoewel Job se goedheid deur die land bekend is, is hy steeds net menslik. 

Elifas bedoel goed. Hy probeer om sy vriend te bemoedig dat al hierdie dinge moontlik God is wat besig is om hom te reinig. Hy probeer Job help om hoop te kry. Vir Elifas is dit onmoontlik om te dink dat God rampe sonder rede sal stuur. Lyding hou dus verband met geregtigheid of regstelling. Daar moet 'n doel daarvoor wees.

Baie van ons glo soos Elifas. Wanneer rampe ander mense tref dink ons: hulle verdien dit seker of, God gebruik dit om hul sterker te maak. 

Wat as dit verkeerd is? Wat as dit nie die rede is hoekom daar lyding in die wêreld is nie? Wat as, in hierdie geval, die eenvoudige antwoord nie die regte antwoord is nie?

Job het nie die pyn wat sy lewe binnegekom het verdien nie, en hy gaan dit beredeneer in die hoofstukke wat volg. Volgens Elifas het die wêreld 'n morele meter waar slegte mense kry wat hulle verdien en goeie mense vol lewens lei. Tog, sal die mense wat deur hierdie wêreld met oop oë gaan vir jou sê dat hierdie reël gereeld verbreek word.


Boodskap om weg te neem: Dinge in die wêreld werk nie altyd soos ons hoop nie.

Gebed: Vader, ek bid dat U die onskuldiges sal beskerm en vir die regverdiges sal voorsien. Help my ook, al werk dit nie altyd so nie, dat ek nogtans altyd op U sal vertrou.


Klik op die skakel om meer uit te vind oor die boek: "Enduring with Job" deur David Ramos, click here!

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om die kragtigste en uitdagendste antwoord vir pyn te verskaf, waarvan die wêreld nog ooit gehoor het.

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books