AsemhalingsruimteVoorbeeld
As jy al ooit jou verjaarsdag afgemerk het, vir ’n finale eksamen gestudeer het, in die huwelik getree het, ’n baba gehad het, of selfs Kersfees gevier het, dan het jy jou “dae getel”. Jy het dit waarskynlik nie so beskryf nie, maar jy het presies geweet hoeveel inkopiedae, studiedae of enkeldae jy oorgehad het tot en met die groot gebeurtenis.
In vandag se vers uit Psalms, vra Moses vir God om ons te help om elke dag met die duidelikheid te leef wat ons kry wanneer ons ’n sperdatum moet haal – “leer ons ons dae so gebruik”. Wanneer Kersfees slegs drie dae weg is en jy het nog geskenke om te koop, span jy nie op die bank uit en kyk vakansieflieks nie. Jy het hoër prioriteit-dinge om te doen. Bewus daarvan dat jou tyd beperk is hiervoor, forseer dit jou om te beperk wat jy met jou tyd doen.
Daar sal altyd geleenthede wees om by te woon, projekte om te takel, komitees om op te dien, reise om te onderneem en take om te verrig. En vrees sal fluister dat jy dit alles moet doen of jy sal sleg lyk. Maar om jou dae te tel is soos om al daardie eise op jou tyd deur ’n filter te laat hardloop. Dit is ’n manier om die mense en take wat die meeste saak maak, te prioritiseer.
Die komitee waarin jy jou weens skuldgevoelens begewe het? Dit haal nie die paal nie. Die werksreis wat jou die hele week van jou kinders af gaan weghou. Nee vir nou.
Wanneer ons begin om ons tyd as beperk te beskou, kan ons met wysheid besluit wat, of meer belangrik, wie, is ons beperkte tyd werd. Moses sê dat ons wins ’n hart van wysheid sal wees. As jy oorgeskeduleer, oorverbind of oorweldig is, probeer om jou dae te tel. Erken dat (selfs al hoop jy om nog vir dekades te leef), jou tyd beperk is, so jy moet beperk wat jy met jou tyd doen. Ek belowe, deur daardie filter te gebruik sal jou die asemhalingsruimte gee waarna jy gesmag het op jou kalender.
Môre sal ons na ’n soortgelyke filter kyk wat kan help om asemhalingsruimte in jou finansies te bring. In die tussentyd, vra vir jouself: Wat is een rol of taak waarop ek nie langer my tyd wil spandeer nie?
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudige uitnodiging bied God 'n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie leesplan sal jou wys hoe.
More
Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org/