Afspraak-materiaalVoorbeeld

Dateable

DAG 5 VAN 5

Die Vooruitsig

Geluk! Jy het die laaste dag van hierdie leesplan bereik. Klop jouself op die skouer, of #bederfjouself met 'n lekkerny. 

Grap sommer net oor die laaste ene. 

Alle grappies op 'n stokkie, jy het dalk steeds 'n paar vrae oor verhoudings. Dit is normaal — verhoudings is maar vol op-en-afdraandes en baie verrassings. Liefdesverhoudings kan nogtans eintlik 'n manier vir jou wees om God te verheerlik. 

Indien jy wel tans in 'n verhouding is, is dit tyd om 'n bietjie na te dink. Bring hierdie persoon jou nader aan Jesus, of dryf die persoon jou verder van Hom af weg? 

As die persoon jou nie help om nader aan Jesus te kom nie, is dit tyd vir 'n DDV-praatjie (definieer die verhouding). Vertel aan jou maat wat jou prioriteite is. As jou maat nie geïnteresseerd is nie, is dit heeltemal aanvaarbaar om die verhouding te beëindig. Dit sal dalk nie maklik wees nie, maar jy sal in die toekoms oor baie minder spyt wees. 

Aan die ander kant, as jy tans enkellopend is, is dit nooit te laat om die persoon te word wat die persoon na wie jy soek, op soek is nie. Jy kan vandag, nou dadelik, begin om die regte persoon tehet beginword 

Die beste raad vir gesonde afsprake? Fokus op Jesus. Ernstig. Dit is al. Bou jou lewe en jou toekoms op wie Jesus is. Kolossense 2:7 sê dat ons in Hom gewortel moet wees en ons lewe op Hom moet bou. Hoekom? Omdat geen mens jou kan vervul nie — net God kan dit doen. 

Nou wat beteken dit eintlik? Dit beteken dat jy tyd moet deurbring om uit te vind wie jy is, wie Jesus is en watter doel en planne Hy vir jou het! 

Moenie net daarop fokus om die regte persoon te vind nie. Kies, elke dag, om die regte persoon te word. Dit is wat jou anders maak en sorg dat jy afspraak-materiaal is.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dateable

Dit lyk asof daar oral waar jy kyk verhoudings is. Of jy nou in 'n verhouding is, of wag vir een, of gelukkig enkellopend is, ons kan almal werk aan die gemene deler in ons verhoudings — onsself. In hierdie 5-dag leesplan sal ons kyk na wat dit beteken om afspraak-materiaal te wees — en jy mag dalk verras wees.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church