'n God Wat Getrou isVoorbeeld
![A God Who Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11111%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ou Testamentiese Verbintenis
Mense het die verhouding verbreek wat God met hulle gevestig het. Die skepping en die Skepper was eers saamgevoeg in 'n lewegewende verhouding, maar die mensdom het hierdie band gebreek deur teen hulle Skepper te sondig. Van daardie oomblik af het die lewe vol pyn en frustrasies geraak, omdat die lewegewende krag van God nie meer daardeur gevloei het nie. God het egter sy mense te liefgehad om hulle in hierdie toestand te los, daarom het Hy 'n reeks beloftes gemaak om sy mense hieruit te verlos.
Die Bybel praat van 'n "nuwe verbond" wat God met sy mense gemaak het. Hierdie verbond hang nie af van die mens se vermoë om dit te hou deur God lief te hê en aan Hom getrou te wees nie. Dit hang van God af. In hierdie verbond beloof God om sy mense te help om sy wet te gehoorsaam (Jeremia 31:31 - 34). God beloof ook om sy mense terug te bring uit die dood na die lewe en om vir ewig vir hulle te sorg (Esegiël 37:24 - 26). Die skrywer van Hebreërs verklaar dat God die verbond deur Jesus vervul en voltooi het. Die offer van die groot hoëpriester, Jesus, het al die Ou Testamentiese rituele vervang. Jesus het dus die Ou Testamentiese wette vervul. Hy het die bepalings van die verbond vervul omdat Hy die priester was wat die verbond se bepalings uitgevoer het. Hy is die priester wat sy volk in die teenwoordigheid van God gebring het (Hebreërs 10:19).
Vandag se Gebed:
Jesus, dankie vir die nuwe verbond. Dankie dat U my uit die dood na die lewe gebring het. Amen.
Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe
Aangaande hierdie leesplan
![A God Who Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11111%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnspireer word om jou eie geloftes aan God na te kom.
More